advertisement
Question
Posted by: Anon | 2011/02/12

Blaas?

Hi Doc, ek is bekommerd dat ek dieselfde probleem as ma gaan kry, sy het 100% geen beheeroor haar blaas nie en is ook ''n diabeet gepaard met baie ander kwale.Ek word binnekort 43. Ek gaan gereeld toilet toe,maar as ek net 5minute langer wag of partykeer korter, dan het dit al in my pantie gedrup. Ek wil nou probeer iets daaraan doen, voor dit te laat is. Die kegeloefeninge werk nie, want jy moet baie van dit doen seker om te werk.Ek wil nie graag operasies ondergaan vir so iets nie.My ma het al by verskillende dr.s pille gekry, maar dit werk nie. Wat kan ek nou vir myself doen?Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek stel voor dat jy jou dokter vir bloedtoetse konsulteer om vas te stel of jy dalk diabetes het. Jou probleem kan wel as gevolg van 'n ooraktiewe blaas wees. Daar is produkte wat jou dokter kan voorskryf om jou blaas beheer te verbeter. Soms kan 'n blaas infeksie jou simptome veroorsaak. Jou dokter sal 'n blaas infeksie met orale antibiotika kan behandel.

Groete





Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement