advertisement
Question
Posted by: Lala | 2008/09/22

Blaas

Hi Dok

Ek urineer nogal gereeld en wanneer ek my blaas ledig kan ek na ' n paar minute gaan sit dan kom daar weer ' n bietjie. Ek het begin met ' n oefen program en stap 4 tot 5 keer ' n week vir so 45 min. Ek ledig my blaas net voordat ek weggaan by die huis. Ek is nog skaars pad af dan kry ek ' n effens brand gevoel in my blaas en dan voel dit as ek op ' n toilet kom sal daar iets uitkom. Ek drink nooit laataand baie nie maar staan nogtans in die nag ten minste 3.x op om te gaan urineer. Ek het beslis ' n swak blaas want ek moet maar altyd bene kruis as ek nies of hoes anders lek ek. Enige raad sal waardeer word.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lala
Ek dink jy moet 'n uroloog gaan sien, jy het simptome wat kan inpas by 'n blaas wat gesak het of 'n spastiese blaas. Dit is behandelbaar en jy hoef nie langer te sukkel nie! Hulle gaan jou piepie toets, 'n urinerende sistogram doen ( waar hulle die vloei van die uriene meet en kyk hoeveel agterbly en hoe die blaas saamtrek), en as nodig sal hulle dalk 'n sistoskopie doen ( kyk met 'n kameratjie in die blaas onder ligte narkose). Dr Frans van Wijk in Pretoria is goed met vrouedinge as jy dalk naby bly.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Janet | 2015/11/05

Ek het my blaas seker so 8 nege jaar terug laat lig, maar nou vir die laaste week voel dit of my blaas nie leeg kom nie, dit voel of ek dit nie gaan maak tot by die toilet nie, dan as ek daar kom loop dit net uit drups gewys. Wat kan die probleem wees, partykeer as ek heel vooroor sit urineer ek half normal.

Reply to Janet

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement