advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2011/05/11

Bilaterale knie pyn

Beste Dr

Ek het sowat 18mde gelede ''n artroskopie van my r knie gehad nadat osteoartrose in al die kompartemente met x-strale gediagnoseer was en ek baie gesukkel het met trappe klim, op sowel as af, my knie was permanent geswel, veral in die " waai"  van my been. My linker knie begin ook nou met sy nonsens en trappe klim is onmoontlik en ek is nou eers 49! " n dokter het my ''n paar jaar gelede meegedeel dat ek baie probleme met my knië e gaan ondervind namate ek ouer word. Die rede is blykbaar omdat ek op ''n jong ouderdom ''n histerektomie en kort daarna ook beide ovaria''s moes laat verwyder. Ek is op geen hormoonvervanging omdat ek geen simptome soos warmgloede of nagsweet ervaar nie. Kan die twee regtig verband hou met mekaar, so terloops ek dink nie ke het enige estrogeen meer in hierdie lyf van my nie!! :-) Dankie weereens vir u raad.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charlotte

Met die verwydering van die ovaria kan 'n vrou osteoperose ontwikkel, met gevolglike probleme van die groot gewrigte, soos die kniee, heupe en rug. Ek stel voor dat jy 'n endokrinoloog konsulteer vir moontlike hormoonvervangings terapie en 'n toets om osteoperose uit te skakel.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement