advertisement
Question
Posted by: Willem | 2010/04/06

Bietjie Moeg...

Hallo Dr,

Ek is die laaste tyd nogal moeg. Ek reken my leefstyl op die oomblik is bietjie ongesond, want ek oefen omtrent niks en werk lang ure. Ek is pas deur ''n groot huisbou proses (met die gewone stres wat daarmme gaan) en ek het ook so pas ''n bevordering by die werk gekry wat heelwat ekstra verantwoordelikheid na my kant toe laat kom het. Dis net dat ek regtig probeer het om die lang naweek uit te rus, maar vanoggend is my lyf weer seer en moeg. Ek was ook die afgelope week so bietjie verkoue met gereelde hoofpyne. Wat kan ek doen voor ek ''n dokter gaan sien? Ek gaan probeer om weer stadig te begin oefen (ek ry fiets), miskien ''n Vit C aanvulling te gebruik en meer gematigde ure te werk. My vroutjie gee my regtig nogal gesonde kos en ek is 32 jaar oud.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Willem

Na griep simptome, is dit baie algemeen om vir 'n periode van plus minus 7 dae moeg te voel. Ek stel bedrus en Vitamien C, Selenium en Sink aanvullings voor.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement