advertisement
Question
Posted by: Delene | 2010-01-18

Bewerige gevoel

Dr Bets,
Ek het mitrale klep inkompetensie en AF. Die AF is goed onder beheer - ek drink ' n bloeddrukpil en betablokker sowel as Plenish K. Soms kry ek ' n bewerige gevoel wanneer ek saans gaan lê  voor ek aan die slaap raak - dis nie asof ek bewe sodat mens iets kan sien nie , maar dit voel of alles binne in my saggies tril. Dis amper of ek kan voel hoe die are bewe. En my hele lyf voel so - nie net op spesifieke plekke nie. Dis ' n eienaardige gevoel en duur net ' n kort rukkie en dan is dit weg. Dit gebeur ook nie elke aand nie, maar ek is nogal nuuskierig om te weet of dit dalk van die medikasie is. Ek kry nooit die gevoel terwyl ek regop is nie.
Baie dankie vir jou hulp.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Delene
Ek dink nie dit is van jou medikasie nie. Dit kan dalk wees dat jou bloeddruk vir'n kort rukkie val as jy van posisie verander?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010-01-19

Hallo Delene
Ek dink nie dit is van jou medikasie nie. Dit kan dalk wees dat jou bloeddruk vir'n kort rukkie val as jy van posisie verander?
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement