advertisement
Question
Posted by: 1ste keer swanger | 2009/02/12

Bewegings

Hallo dokter

Ek is nou 23 1/2 weke swanger met ' n dogtertjie. Wil net weet of die volgende normaal is.
Party dae is baba baie besig en ek heeltyd bewus van haar en haar bewegings en ek voel en sien haar skop op my magie (soos gister was so wilde dag tot gisteraand was sy weer stil). Ander dae soos vandag is ek skaars bewus van haar en moet ek regtig konsentreer op haar bewegings om seker te maak ek voel haar nog. Ek doen nie iets anders as normaalweg nie tog is sy stiller met tye.

Ek is net bang daar is dalk ietsie verkeerd maar ek is ook bang daar is dalk niks verkeerd en dat ek my ginekoloog onnodig pla.

Het ek rede tot kommer?

Dankie vir die puik forum!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo 1ste keer swanger
Onthou hulle slaap ook soms! Maar dis goed dat jy bewus is van haar bewegings. Hulle ontwikkel gewoonlik 'n patroon, sekere tye van die dag is hulle meer "besig" as ander. As jy baie woelig is, of net na etes, mag hulle ook baie woel. Hier na 28 weke kan mens begin tel hoe veel hulle beweeg - 'n maklike manier is om 'n botteltjie boontjies by derhand te hou en elke keer as sy skop 'n boontjie in 'n glas te gooi. As jy dit op 'n sekere tyd van die dag elke dag doen wanneer jy weet sy gewoonlik wakker is, gaan jy gou agterkom hoeveel tyd sy neem om 10 keer te skop/beweeg. As jy dan skielik 'n afname in haar bewegings sien, moet jy jou gyne of dokter laat weet.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement