advertisement
Question
Posted by: Gogga | 2008/12/17

Best breakfast during weight loss

Beste Doc

Wat is die kleinste ontbyt waarmee ek kan wegkom op ' n gewigsverlies dieet? Ek is regtig besig om die stryd teen ontbyt te verloor al dwing ek myself meeste oggende om ' n bietjie pap te eet. Ek probeer nou al vir meer as ' n jaar en ek is nog steeds nie ' n " ontbyt mens"  nie.

Dit gaan nie oor haastigheid nie, ek het genoeg tyd in die oggend, dis net dat ek ' n geweldige weerstand teen enige kos het in die oggend. Al wat ek wil he is ' n koppie soet tee en ' n sigaret! Ek sien nie eers kans vir kosse wat later in die dag vir my heerlik is nie.

Sal dit aanvaarbaar wees as ek miskien net ' n bietjie melk drink as ek opstaan en dan 11h00 iets eet? Teen 11h00 is ek nogal honger en dan eers weer in die middag 15h00 of so en dan 20h00. dis nog steeds 3 etes, net nie op dieselfde tye as ander mense nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Gogga
Elke mens moet vir haar-/homself besluit hoe, wat en wanneer sy/hy wil eet. Ek dink nie dat 'n koppie soet tee en 'n sigaret 'n goeie keuse is nie! Dit gaan jou gesondheid skaad. Maar as jy net nie kans sien nie vir enige ander kosinname vroeg in die oggend nie, dan sal ek aanraai dat jy een van die kits ontbyte probeer soos Bokomo se Get-up-and-Go. Dit sal ten minste help om jou bloedsuikervlakke te verbeter na die lang oornagse vas.
Probeer tog om jou rook en eetgewoontes te verbeter.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement