advertisement
Question
Posted by: jaco | 2009-04-16

besering na ongeluk

goeie dag dokter. ek wil uitvind, my skoonma van 58 was laasjaar in karongeluk betrokke waar sy agter gesit het en die kar in hulle vasgery het. die hele agter venster het op haar skouer en arm geval. van daar af was sy kort kort dokters en hospitaal toe vir extrale en elke keer is dit erger. Na amper n jaar het n privaat dokter na vele toetse vir padvonsongeluke vonds gesien dat my
ma se sleutelbeen eintlik gebreek was, die staatshospitaal se net
hulle kan niks vir haar doen nie. die klein beentjies in haar arm en skouer het al so versplinter dit sny die wevels binne in die arm en skouer. sy het ook natuurlik erg osteoperosis en a.g.v die baie verbrokkeling van die bene kan hulle niks doen nie. so se hulle. van die klein beentjies is al besig om uit te kom, maak soos klein puisies en dan kom dit by die vel uit. sy kan niks meer vashou nie sy laat alles val en sodra sy iets doen begin sy bewe. tot die onder gedeelte van haar arm maak riffels. haar hele shouer het al uit geskuif. niks hou hom vas nie. ek wil net weet of daar regtig niks is wat medies kan doen nie al vat dit net die verskrikklik pyn weg., sy het permanent pyn wat nooit ligter raak nie net erger. tot die sterkste vultaren inspuitings doen niks. maak my ma net siek en alles pyn erger as gewoonlik. sy kan nie eers slaap in die nag
nie, ek voel al so hulpeloos want ek is baie lief vir my ma en hoop en bid net dat daar iets is om net die pyn te verlig. die shouer is al
baie uitgeskyf dat my ma haar klere moet verstel. my ma is een van die sterkste mense wat ek ken en sy kan regtig nie meer die pyn vat nie. kan daar n kuns skouer of skroewe of iets ingesit workd as sy nie sterk bene het om mee te begin nie. ek hoop dokter kan my en my ma moed gee. asb help my ma

baie groete
linda en jaco bester

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageShoulder Doc

Beste Jaco en Linda,

Ek moet aanneem dat die sleutelbeen gebreek was volgens wat jy my vertel: die moontlikheid van 'n non-hegting van die fraktuur (been wat nie aangegroei het nie ) is dan moontlik die probleem. As dit so is kan dit gewoonlik met 'n operasie herstel word deur 'n plaat en skroewe op die fraktuur te plaas. Ween die erge pyn wat sy ondervind kan die senuwees net onder die sleutelbeen ook vasgedruk work deur die fraktuur en erge pyn veroorsaak. Jy is welkom om die X-strale aan ons te stuur en ons sal kan raad gee. Kyk na ons webwerf en die kontak nommer is daar: www.shoulderinstitute.co.za

Groete,

Dr Joe de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: linda | 2009-04-21

baie dankie dokter, dokter het my hoop gegee toe ek gedink het daar is nie. ek sal graag die xtrale en toetse wil stuur maar my ma wag eers vir die hofsake vir padvondsongelukke om klaar te maak voor ons dit kan stuur. dokter kan nie dalk vir my se hoeveel so operasie sal kos nie en of my ma -|- ant moet betaal en of dokters nog kan eis van padfondsongelukke af. ek wil so graag he sy moet gehelp word ek wil net weet of dit moonlik gaan wees want hulle het nie geld nie en moet dit dan betaal as sy iets eis van padvonds. hoop dokter kan my se. baie dankie weereens. ek sal wat gee en doen om my ma te help want sy is die wonderlikste mens op aarde en ek kan dit nie hanteer wat sy alles moet deurgaan a.g v n jong rykmansseun wat nie kan kyk waar hy ry nie - op hoe spoed- en natuurlik niks makeer vandag nie en net kan aangaan met sy lewe en deur sy nalatigheid moet my ma nou suffer vir die res van haar lewe. dit maak my net bitter. my ma het niks gedoen om dit te verdien nie. ek sal defnitief in -|- ak bly met dokter. ek was op u webwerf in en ongelooflik wat dokter alles doen. asb help my om my ma te help. ek is verskriklik lief vir haar en sy is my alles. baie dankie weereens dokter. goed gaan en sterkte met elke operasie wat u doen.

Reply to linda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement