advertisement
Question
Posted by: Lienks | 2008/08/06

Beseerde vinger nie beter nie

Haai

Ek het so 2 maande terug my vinger tydens -|- aksport " gesprain" . Ek het vir x-strale gegaan en die dr het gese dis nie gebreek nie. Hy het die vinger (ringvinger) gebuddy tape en gese ek moet dit na 5 dae afhaal en my vinger begin buig. Ek het dit gedoen, maar tot vandag toe kan ek nog nie my vinger buig nie. Ek kan hom n bietjie buig, maar nie so dat my vinger my palm kan raak nie. As ek dit per ongeluk te ver buig, is dit vreeslik seer. Die " knuckle"  is baie dik en seer as ek weerskante daarvan druk. Dit " knuckle"  self is baie seer en word parykeer warm. As ek al my vingers langs mekaar hou, buig my vinger af. Kan hom glad nie reguit maak nie. Wat stel u voor doen ek? Dit is regtig baie ongemaklik en ek het daagliks pyn met die vinger. Het al n klomp anti-inflamitries gedrink en smeer gereeld salf aan. Maar niks bring verligting nie.

Baie dankie vir u tyd

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Beste Lienks
Jy kan hitte en koue pakke probeer. Sommige beserings neem net langer om reg te kom. Hou ook aan met die buig-oefeninge.Jy kan ook 'n fisioterapeut raadpleeg wat dalk iets anders kan aanbeveel. Probeer 'n Transact pleister saans. Indien dit nie verbeter nie, gaan sien weer jou dokter.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement