advertisement
Question
Posted by: Ina | 2012/08/20

benoudheid

watter ander longsiektes kry ''n mens behalwe longkanker of COPD? Ek is so benoud dat ek nie tien tree kan stap sonder om my asmapompie te gebruik nie. En dit gaan al vir die laaste vier vyf jaar so. Ek kan nie bekostig om dokter toe te gaan nie, so ek moet myself kan diagnoseer en dokter.

Ek dink nie dis longkanker, want dit gaan al te lank aan. Ek dink ook nie dis COPD nie want ek het nie juis slym nie en ek hoes amper nooit. Dit voel net vir my my longe het geen funksie meer oor nie.

Terloops ek het ''n jaar gelede ophou rook en GEEN verbetering ervaar nie, so miskien word daar te veel klem op rook geplaas. Daar moet baie meer oorsake wees as net rook.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ina

Dit is moontlik dat die rook emfiseem van jou longe veroorsaak het. Ek stel voor dat jy jou naaste kliniek vir 'n konsultasie met 'n dokter besoek en vir 'n verwysing na 'n pulmonoloog (long spesialis) vra. Met jou simptome wat al so lank aankom, is dit BAIE belangrik om 'n long spesialis te konsulteer.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement