advertisement
Question
Posted by: SU | 2011/09/29

Benodig hulp

Ek wil graag uitvind wat die prosedure is as ek myself by ''n psigiatriese kliniek wil laat inboek. Kan ''n GP dit sommer vir mens reel of moet dit ''n sielkundige / psigiater wees? Ek is ''n 31 jarige vrou. Vir jare leef ek nou al in ontkenning maar dit is besig om my in te haal en ek dink ek kort ernstige psigiatriese hulp. My kinderlewe was hel, tot vandag toe was ek nog nooit regtig gelukkig nie. Ek haat my lyf, wat veroorsaak dat ek vir dae lank niks sal eet nie, net om daarna weer te eet en dan my vinger in my keel te druk. Ek kan nie by sosiale geleenthede ontspan nie, wat veroorsaak dat ek dan te veel drink. Dit is vir my onmoontlik om die verlede te vergeet. Dit voel vir my of almal teen my is, ek sal die geringste dingetjie persoonlik opvat terwyl ek weet ek is besig om te oorreageer maar ek het eenvoudig nie beheer daaroor nie. Ek swot deur Unisa op die oomblik, ek is regtig intelligent, het laasjaar sewe onderskeidings gekry. Dit maak vir myself nie sin dat ek besig is om myself dood te maak nie maar ek kry dit nie gestop nie! Ek kry angsaanvalle, so erg dat ek hierdie jaar al drie keer ongevalle toe was omdat ek gedink het ek kry ''n hartaanval en is besig om dood te gaan. Dit maak nie saak hoeveel keer ''n dr vir my se daar is nie fout met my hart nie, dit voel nie vir my so nie. My medies se spaarrekening is opgebruik vir die jaar, so ek sal ''n sielkundige uit my sak uit moet betaal, wat ek nie het nie. Maar hulle maak voorsiening vir psigiatriese hulp as dit ''in hospital'' is, dit is hoekom ek so kliniek oorweeg. Dink dr ek oorreageer om myself by so ''n plek te wil inboek? Sal dit help? En hoe gaan ek te werk?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

A GP should be able to arrange it, or of course a psychiatrist if you are already seeing one. The real issue is the diagnosis and assessment of your condition and of how best to manage it -if hospital admission is considered a good idea, it will be arranged.
The sort of problems you describe could all respond really well to treatment, both with medicines and with poper skilled counselling, like CBT, and might not need hospital admission. But this will be decided by your doctor, bearing in mind the silly rule your medical aid apparently insists on. You can also explore what facilities might be available to you through your nearest medical school dept of psychiatry or nearest major state / privincial hospital

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: cybershrink | 2011/09/30

A GP should be able to arrange it, or of course a psychiatrist if you are already seeing one. The real issue is the diagnosis and assessment of your condition and of how best to manage it -if hospital admission is considered a good idea, it will be arranged.
The sort of problems you describe could all respond really well to treatment, both with medicines and with poper skilled counselling, like CBT, and might not need hospital admission. But this will be decided by your doctor, bearing in mind the silly rule your medical aid apparently insists on. You can also explore what facilities might be available to you through your nearest medical school dept of psychiatry or nearest major state / privincial hospital

Reply to cybershrink
Posted by: Liza | 2011/09/29

Net ''n psigiater kan jou by ''n kliniek inboek. Jou GP kan jou verwys na iemand in jou area. Watter mediese fonds het jy? Sekere mediese fondse kan jou onkostes uit die hospitaal voordeel betaal as die psigiater en/of sielkundige ''n motivering aan hulle stuur. Veral as die psigiater en/of sielkundige vir hulle se dis of dit, of hulle betaal vir ''n hospitaal besoek.

Die psigiater sal vir jou kan se of dit nodig is dat jy kliniek toe gaan nadat hy jou ondersoek het. As hy/sy besluit dis nodig, sal hulle ''n bed probeer bespreek. Dit kan ''n paar dae neem hang af of die klinieke vol is. Die klinieke is gewoonlik nie soos ''n hospitaal nie. Jy staan elke oggend op, trek aan en volg ''n program van lewensvaardighede groep sessies, soos hoe om angs te hanteer, hoe om konflik te hanteer, hoe om jou selfbeeld op te bou, ontspannings metodes ens. Tussen deur die groep sessies sien jy gewoonlike elke dag jou psigiagter en sielkundige. Jou psigiater sal jou moontlik op ''n antidepressant sit vir die angs en paniek. Dis ''n baie beter langer termyn opsie as om tranquillizers te drink.

As jy enige vrae het, se maar net. Ek was al self in verskillende klinieke.

Liza

Reply to Liza
Posted by: Chris758 | 2011/09/29

Phone DENMAR CLINIC and ask them!! Or you can try VISTA!

Reply to Chris758

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement