advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2010/08/05

Benodig asb raad en info oor dikderm kanker

Hallo Dr Bets

My man se broer het gister ''n operasie ondergaan vir kanker wat hulle in sy dikderm ondek het. Die slegte deel was blykbaar so groot soos ''n 50c muntstuk. Hulle het hom voor die tyd gesê  dat die ''worst case'' gaan wees dat hy ''n sakkie gaan moet dra om te help met die ontlasting sou hulle nie die dikderm kon las nie. Dit het toe nou so gebeur en hulle gaan hom vandag eers daarvan sê  met behulp van ''n berader om hom by te staan. Hy is nou 26 en sy jong vrou vat dit klaar nie goed nie.
Die dokters het ons ook voor die tyd gesê  dat hulle getwyfel het dat dit wel kanker is agv sy ouderdom maar as dit sou wees moet sy pa en broer (my man) ook vir toetse moet gaan.
Wat ek eintlik wil weet is wat veroorsaak sulke kanker op so ''n ouderdom? Het lewenstyl iets daarmee te doen? Ek het nou al bietjie probeer opsoek en het gesien hulle noem daar van rokers en drinkers wat ''n grootter kans het daartoe. Is dit waar? My skoonouers lei ''n verskriklike slegte lewe wat dit aanbetref. Hulle is kettingrokers en drink elke dag brandewyn en wiskey en eet nie goed nie. My Swaar is ook so. My man rook redelik baie, maar drink net op sosiale geleenthede en ons het andersins ''n redelike gesonde lewenstyl.
Wat die sakkie aanbetref, is dit iets wat hy nou lewenslank gaan moet dra en hoe werk dit? Almal in die familie ruk nou hand uit en raak te emosioneel en niemand van hulle kan vir ons regtig sê  wat aangaan nie.
Watse tipe goed moet mens in jou lewenstyl verander en verbeter om so iets te voorkom want as hierdie iets gaan wees wat my man en kinders ook kan raak dan gaan ek definitief my man se lewenstyl verander wat die rokery aanbetref. Ons het ''n tweejarige seun en nog ''n seun oppad oor twee maande. Kan so iets hulle ook raak? Waar kan ek meer info kry oor hierdie siektes en raad oor voorkomming?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jenn
Kolon kanker kan 'n genetiese siekte wees, maw in families voorkom.
As die kanker net in die derm was (nie versprei het na omliggende weefsel of limfkliere nie) is die kanse baie groot dat die operasie hom sal genees. Gewoonlik kan hulle na 'n paar maande die derm weer heg en die sakkie is dus net tydelik. Dit moet sy vrou met sy dokter bespreek. Lewensstyl kan jou risiko vir kolon kanker verhoog - rook, alkohol, gebrande kos (braaivleis), alkohol, lae vrugte/groente/vesel inname speel almal 'n rol.
Sien http://www.cancer.gov/cancertopics/wyntk/colon-and-rectal/page2 - en lees van daaraf verder oor voorkoming toetse
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/08/05

Hallo Jenn
Kolon kanker kan 'n genetiese siekte wees, maw in families voorkom.
As die kanker net in die derm was (nie versprei het na omliggende weefsel of limfkliere nie) is die kanse baie groot dat die operasie hom sal genees. Gewoonlik kan hulle na 'n paar maande die derm weer heg en die sakkie is dus net tydelik. Dit moet sy vrou met sy dokter bespreek. Lewensstyl kan jou risiko vir kolon kanker verhoog - rook, alkohol, gebrande kos (braaivleis), alkohol, lae vrugte/groente/vesel inname speel almal 'n rol.
Sien http://www.cancer.gov/cancertopics/wyntk/colon-and-rectal/page2 - en lees van daaraf verder oor voorkoming toetse
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement