advertisement
Question
Posted by: Sunflower | 2009/10/02

Bene/arms wat jeuk

Goeiedag, ek het ' n vraag ivm ' n gejeukery van my bene veral, wat voel asof " iets"  onder my veul jeuk/rondwoel, en as ek begin krap, dan kan ek net nie ophou nie. Dis asof dit net erger raak, en gaan nou amper ' n maand so aan. Ek het nog nooit ' n droe vel gehad nie, en bad in water met bietjie babaolie, met Dove seep en smeer agterna my bene en arms met goeie bevogtigende lyfroom wat die minimum geurmiddels ens. in het. Veral as ek saans in die bad klim (redelike warm water maar nie te warm nie), begin dit eers jeuk. Ek kry wel hooikoors vir die tyd van die jaar wat ek Allergex 2 x ' n dag gebruik, ek woon in Stellenbosch, Wes Kaap. Ek voel ek kan soms met die gejeukery die muur uitklim, maar my kollega dink dit kan stres te wyte wees? Dis die eerste keer in 30 jaar dat ek so iets ervaar. Ek het nie my dieet verander nie, ek eet presiese dieselfde as altyd. Wat kan die oorsake wees, wat kan ek probeer en hoe kan ek dit behandel en/of ' n dermatoloog gaan sien? Dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Sunflower

Daar is is 'n magdom van redes vir 'n algemene pruritis. Die beste sal wees om 'n afspraak by 'n dermatoloog te maak, sodat die oorsaak gevind kan word en sodoende met behandeling kan begin.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement