advertisement
Question
Posted by: Frennie | 2009-09-02

Bene pyn

Hallo doc
Ek het ' n volledige histerktomie(eierstokke ook) gehad so 5 jaar terug. Kan nie hvt gebruik nie weens borskanker van my ma. Ek het lank reggekom met Menoclove Forte en evening primrose oil met Menograin die laaste paar maande daarby. Ek kry vreeslik warmgloede maar dit is nie waaroor ek wil kla nie, ek het vreeslike pyne in my bene. Dit voel soos menstruasie pyne. Ek drink nou al vir 2mnde nie meer menoclove nie, want dit het gevoel of die nie meer help nie en gebruik tissue salts (kan nie naam onthou) soggens. Die pyne is soms al in die nag daar maar meestal bedags. Ek sit omtrent die heeldag by die werk en weet nie of dit dalk ' n oorsaak kan wees nie. Pynpille bring nie verligting nie. Help asb met raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Frennie
Bekken en bobeen pyne kan veroorsaak word deur spierspasma in die diep spiere van die bekken, senuwees wat knyp in die lae rug, stuwing van die bekken are, vergroeiings na operasies, verwysde pyn van aorta aneurisme en infeksies in die uriene sisteem. Gaan liewer vir 'n volledige ondersoek deur jou dokter om te bepaal waar die oorsprong van die pyn is. Dit sal dalk nodig wees om vir toetse te gaan soos 'n sonar, of lae rug x/strale, en urine toets te kry.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement