advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2008/12/22

Bekommerd oor ma se angstigheid

Hallo doc.
My ma sukkel vreeslik baie met angstigheid. Wat veroorsaak dit en wat kan sy doen om dit te stop? Ek vertel hieronder gevalle wat meer verduidelik van haar simtome. (My man sê  dit is alles in haar kop, maar ek wil haar help).

My ma hou nie baie daarvan om tussen mense te wees nie. Sy hou van by die huis bly. Hulle bly in Saldanha en die enigste keer as sy tussen mense kom is as sy dorp toe gaan.
So ruk terug het my pa vir die dag kaap toe gekom en haar by my in die Paarl afgelaai sodat sy bietjie in die winkels kan rondloop. Die oggend toe sy by my aankom toe is sy naar en sy het die vorige aand sleg geslaap. Ek gee toe vir haar iets om te eet en drink en toe is sy dorp toe. So halfuur later bel sy my om te sê  ek moet haar kom kry sy voel nie lekker nie. Sy het toe in die dorp gebraak en daar op ' n trappie gesit en wag vir my. Sy kon glad nie by ' n winkel ingaan nie want sy was te bang. Toe sy by die haar huis kom in Saldanha toe voel sy beter.

Nog ' n geval was die naweek. Ons het daar gekuier en die oggend toe is een van haar katte siek. Sy is vreeslik erg oor haar diere en wil nooit van die huis af weggaan en hulle vir ' n dag los nie. Terwyl ek haar Saterdag oggend vearts toe vat toe is sy sommer weer siek en bewe vreeslik. Ek het vir haar natura rescue gegee toe ons by die huis kom. Sy het so rukkie later beter gevoel.

Sy word elke keer siek as sy weet sy moet weggaan van haar huis af of as een van haar diere nie lekker lyk nie.
Sy raak ook so as sy moet dorp toe gaan en daar is ' n " Sale"  aan iewers in een van die winkels. Ek weet dit klink baie snaaks, maar sy hou van winkels en koop altyd vir haar mooi goed. Sy beskryf dit so: " As daar ' n Sale is raak ek opgewonde maar word dan siek" 

Hulle kom kersfees net vir die dag na ons toe in die Paarl. Ek is bang sy voel weer sleg en bederf dan die hele dag. Wat kan sy gebruik en is daar ' n langtermyn produk wat haar kan help of moet sy dalk iemand gaan sien?

Ek is desperaat want ons worry altyd as sy na ons toe moet kom want sy wonder altyd of alles by die huis okay is. Tog het sy ' n week by ons kom bly toe ons seun in Februarie gebore is en toe was daar geen probleme nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jenn
Sy het dalk bietjie onderliggende angstigheid - laat sy eers 'n oor die toonbank produk probeer, as dit nie help nie, kan mens dalk dink aan voorskrif medisyne, maar die voorskrifmedisyne is baie keer verslawend. Probeer eers Biral 2 drie maal per dag - jy kan dit oor die toonbank by die apteek koop.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement