advertisement
Question
Posted by: Eugene | 2009/05/25

Bekommerd oor lewer

Hallo dok

Ek is op die volgende medikasies:
Glucophage 500mg soggens (insulien weerstandig)
Tareg 80mg en Adco Bisoprol 5mg (hoe bloeddruk)
Trepeline 50mg saand (depressie en neuropatiese pyn op vel. Ek het ook interstitiele sistietis)
Rivotril 0.5mg saans (pyn op vel)

Die afgelope 2-3 weke moes ek elke tweede of derde dag tramacet 2 tablette eenker per dag drink vir my blaaspyn. Dit help, maar nou dat ek die tramacet gelos het kry ek hoofpyne.

Ek is 32 jaar oud en oorgewig. Ek is 1.8m lank en weeg 97kg. Ek sukkel so baie om gewig te verloor. Ek tel net al hoe meer gewig op. Mense dink omdat ek ' n man is dis fine om ' n boepie te he, maar ek dink nie dit is nie.

Wat my net bekommer is dat my lewerfunksietellings gereeld geneem word en dan soms normaal is en dan soms effe verhoog. My internis sê  ek het vervetting van die lewer en dis heel waarskynlik die oorsaak van die verhogings. Ek het vir hom gevra oor die medikasie, en sy opinie is dat dit nodig is op hierdie stadium en hy dink nie dit het dramatiese invloed op die lewer nie. Ek het pyn in die lewerarea soms en hy sê  dis IBS (ek het al ' n gastroskopie en kolonoskopie by die dokter gehad)

Ek wil so graag my gesondheid terug hê . Ek voel net moedeloos en maak nie saak wat ek probeer nie, niks werk nie en ek word net al hoe vetter. Ek wil nie nog pille drink nie, en ek gaan maar nou meer oefening probeer en ' n dieet volg.

Het jy enige raad vir my?

Groete
Eugene

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Eugene
Die rede vir jou oorgewig is waarskynlik die insulien weerstandigheid - probeer 'n diabetiese dieet volg (geen suiker, lae vet) en probeer vir 30 minute elke dag vinnig stap - dit help vir die insulien weerstandigheid. kyk op die health 24 website onder DIET vir tips.

Hoofpyn is 'n "normale" newe effek van gereelde pynpille gebruik - gee bietjie kans want dit sal waarskynlik oorgaan.

As jou lewerfunksie nie meer as 2-3 keer die normale waarde is nie, en nie aanmekaar styg nie, is dit nie regtig iets om oor te bekommer nie.

Trepilene mag dalk ook gewigstoename gee - as jy die dieet volg en oefen en niks gebeur nie,vra jou dokter of jy nie dalk 'n ander tipe antidepressant kan probeer nie.

Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Marina Hugo | 2013/08/05

Wat is die newe effekte wat Tramacet het? Nadat ek dit gedrink het voel ek effe duidelig in die kop en ervaar 'n effense naar gevoel vir die res van die dag, alhoewel my pyne stil is!!!! Dankie

Reply to Marina Hugo

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement