advertisement
Question
Posted by: Bekommerd | 2009/02/20

Bekommerd

My oom het ' n drank probleem maar het nou opgehou drink nadat van sy lewer bloedtoetse abnormaal was. Hy het egter baie depressief en senuweeagtig geword. ' n Dr het vir hom antidepresante en ' n kalmeermiddel voorgeskryf vir ' n tydperk van 6 maande. Ek weet ongelukkig nie wat die naam van die pille is wat hy moet drink nie. Die probleem is dat my oom nou weier om die medikasie te gebruik omdat hy bang is dit gaan sy lewer verder beskadig. En hy weier om na ' n tweede dr toe te gaan vir ' n ander opinie. Intussen raak sy gemoedstoestand net al erger. Kan hy maar die medikasie soos voorgeskryf gebruik of sal dit verder skade doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ongelukkig kan ek geen kommentaar lewer nie, aangesien ek nie weet watter medikasie voorgeskryf was nie.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement