advertisement
Question
Posted by: Nx | 2009/02/01

bekommerd...

hi dok

dok, ek het begin jan begin by ' n nuwe werk... die laaste twee weke was geweldig stresvol. twee weke gelede moes ek leer vir die eksamen wat ek maandagoggend (26/01) moes skryf - ek moes 95% kry anders word ons teruggestuur van die opleiding - dis als baie nuut vir my en ek stres ongelooflik vinnig en maklik. my opleiding was ook op ' n ander plek en ek moes vlieg (alklaar geweldig stresvol). dok, ek het ook verlede woensdag (terwyl ek nog moes swot) iets oorgekom (kan heel moontlik ' n tipe stres-aanval wees, ek is nie seker nie) - ek het die woensdagaand vreeslik naar geword, heelnag in die badkamer deurgebring (dan is dit bo uit, dan onder) - ek het die donderdag baie swak en moeg gevoel. ek het nou vrydagaand teruggekom en van gister af, kan ek niks eet sonder dat my maag geweldig pyn nie, ek kan omtrent nie regop loop nie, dit voel soos ' n brand gevoel - ek is nogal bekommerd - nie seker wat om te doen nie? ek was ook vreeslik angstig gisteraand en het niks lekker gevoel nie - kan nie heeltemal beskryf hoe ek gevoel het nie (angsbevange...). asb dok, enige raad? baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Dit is moontlik dat jy infeksie van jou gastro-intestinale sisteem gehad het of nog steeds het. Ek stel daarom voor dat jy jou dokter vir 'n volledige ondersoek besoek, sodat die oorsaak van die probleem vasgestel kan word. Jou dokter kan jou ook help met medikasie vir die geweldige stres waaronder jy verkeer.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement