advertisement
Question
Posted by: Joan | 2009-08-10

Bejaarde sorg

My skoonouers woon tans by my, My skoonpa het ' n probleem wanneer hy eet, Snags sal daar suur in sy keel op stoot so dat hy verskriklik hoes. Daar is geen naarheid betrokke nie,
Watse sagte dieet kan ek vir hom gee

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Joan
Dit is belangrik dat jou skoonpa in die eerste instansie mediese behandeling moet kry by julle geneesheer, want hierdie simptoom van suur wat in die keep opstoot kan dui op gastritis, maagswere en sg. esofagitis of refluks siekte. Dit is almal siektes wat met teensuurmiddels en/of sg. protonpompinhibeerders behandel moet word. Wat sy dieet aanbetref, wil ek graag aanbeveel dat julle 'n kliniese dieetkundige moet spreek sodat die dieetkundige sy dieet kan nagaan en raad kan gee oor watter kosse hy behoort uit te sny en of hy liewer ses klein maaltye behoort te eet pleks van 3 groter maaltye, veral aandete. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om ‘n dieetkundige in julle gebied te vind. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'DietDoc's articles' en lees artikel 195 oor 'GASTRO-OESOPHAGEAL REFLUX DISEASE (GORD) & DIET'.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement