advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2010/10/23

Behandeling van LPR en gastric patches

Doc,

Ek wil graag weet wat is die behandeling en moontlikheid vir verwydering van die gastric patches. Ek drink nou oggend en aand 20mg Nexium en dit is ''n baie duur medikasie (was al voorheen op Lansoloc, Altosec en dit het nie gehelp nie).

Die kliere in my nek is geswel en my stem is kronies hees en ek hoes baie deesdae. Ek is 35 en kan nie vir die res van my lewe Nexium drink nie en ek het ''n baie swak eetlus en seer keel. Al die toetse wat nou gedoen is bewys dat Gastric patches vir my die reflux en komplikasies veroorsaak. Ek dink die Nexium help vir die reflux van my maag af, maar dit help nie vir die patches onder my keel, aan die begin van die sluk nie.

Enige raad sal waardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Gesiggie

Ek is onseker oor wat jy bedoel met "patches". Daar bestaan geen suur produserende weefsel buite die maag nie, so dalk verwys jy na "Barret's Esofagitis" by die gastro-esofageale aansluiting. Die Nexium behandel die oorsaak, so die kwessie oor die langtermyn gebruik daarvan sal jy moet uitklaar. Dit is die enigste middel in die spesifieke klas van PPI's, en is gewoonlik baie effektief. Klaar hierdie kwessies met jou geneeshere uit alvorens jy 'n aanbeveling aangaande behandeling aanvaar.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement