advertisement
Question
Posted by: dEZI | 2010/08/26

Beendigtheids toets

Ekt ''''n beendigtheidtoets gehad en die uitslae is soos volg:
Die totale Twaarde van die lumbale kolom is -0,05.
Been-digtheids verlies van 2.6% word sedert vorige toets gesien sedert April 2009
Die totale T-waarde van die linker heup is -0.09
Die T-waarde van die femurnek is -1.2 en pas met vroee osteopenie in
Laterale werwelkolom se belyning is normaal en geen wigvormige afplatting is teenwoordig nie.
Enkele klein osteofiete is wel waarneembaar.
Kan u asb vir my meer breedvoerig verduidelik en wat kan ek doen om dit te verbeter en dit vermindering te stop???
Dankie groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Beste Dezi
Jy hoef jou beslis nie oor jou beendigtheid te bekommer nie- al die waardes is normaal behalwe die femurnek wat net-net aan die anderkant van normaal is.Hulle kon ook geen werwelfrakture optel nie en die osteofiete is klein benig uitgroeiseltjies wat meest van ons maar met die ouderdom kry ("wear en tear")- dit kan nogal 'n bietjie ongemak in die rug, kniee en heupe veroorsaak- so 'n bietjie osteo-artritis. Solank jy sorg dat jy ten minste 1000mg kalsium per dag inneem(melk, kaas jogurt ens) en ten minste 3x week vir ten minste 'n 3/4 uur stap, nie rook nie en alkohol matig gebruik, hoef jy niks meer te doen nie. As jy in die menopouse is, kan jy hormoonvervanging met jou dokter bespreek indien jy simptomaties is (byv gloede, sweet ens). Jy kan ook die osteoporose stigting by 0219317894 skakel vir meer inligting.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Rexie | 2013/07/03

Watter prosedure word by die neem van 'n beendigtheidtoets gedoen asseblief?

Reply to Rexie
Posted by: Rexie | 2013/07/03

Watter prosedure word by die neem van 'n beendigtheidtoets gedoen asseblief?

Reply to Rexie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement