advertisement
Question
Posted by: Tasja | 2011/06/10

BEEN VERKLEURING

My man se regterbeen onder die knie verkleur ongelooflik. Daar is baie dik are wat uitstaan, lyk of dit gaan bars. Dan het die hele vel regom donker, blou pers verkleur. Dit lyk of dit bloed onder die vel kan wees. Ek het fotos daarvan as dit dalk kan help kan ek dit e-pos. Ek is egter baie bekommerd daaroor Maar ek het een van daardie hardkoppige mans wat seker op sy sterfbed na ''n dr toe sal gaan. Wat kan dit moontlik wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Tasja

Dit is heel waarskynlik 'n sirkulere probleem (bloedvloei probleem). Ek stel voor dat jy jou man oortuig om so gou as moontlik 'n vaskulere chirurg vir evaluasie van sy been konsulteer. 'n Verandering soos jy beskryf aan 'n enkele ledemaat moet sorgvuldig ondersoek en behandel word. Verduidelik vir jou man dat ek voel dit is ernstig en dat hy asseblief sy dokter moet konsulteer vir 'n moontlike verwysing na 'n vaskulere chirurg.

Ek sal terugvoering waardeer.

Groete



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement