advertisement
Question
Posted by: Minnie van Zyl | 2011-08-04

BEDSERE

ASSEBLIEF gee my net ''n naam van iets wat ek kan gebruik vir druksere. My man is ''n parapleeg en het onlangs ''n operasie ondergaan en huistoe gekom met sere op sy boude en enkels.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Minnie

Die beste behandeling vir druksere is om geen drukking op die area te plaas nie. Dit wil se, indien die sere op sy boude en enkels is, moet alle drukking op hierdie areas vermy word. Hy mag dus glad nie op sy rug le of sit nie, tot en met die areas genees het. Wissel posisie tussen die linker en regter sy so veel as moontlik. Hou die areas skoon met "saline dressings". Dit sal plus minus 3 tot 6 maande neem om ten volle te genees, afhangende van die grootte. Daar is ander produkte wat gebruik kan word, maar gebruik liewer saline dressings, aangesien dit goedkoper en doeltreffend is. Indien enige komplikasies, soos infeksie, intree, moet hy sy dokter konsulteer.

Wees geduldig, dit sal genees.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2013-08-17

Ek is n verpleegsuster en uit jare se ondervinding het ek geleer,bedsere kan behandel word,die Afrika aartappel het n salf; Amatunka salf,dit het so ver goeie resultate gelewer.Probeer dit.

Reply to Anonymous
Posted by: Florette Longland | 2011-10-10

My ma van 81jr het nou al vir 2jaar n drukseer op haar hak. Sy het 2 rugoperasies gehad en loop baie moeilik. Ek het haar al verskeie kere by n wondesuster in Pretoria gehad en dan gaan ek aan met die voorgestelde behandeling, maar geen volkome herstel vind plaas. Verskeie dokters trek net skouers op en se die wondesuster weet beter. Sy was al verskeie kere op antibiotika. Ek maak elke 2de dag die wond skoon met saline, sit Actisorb(lappie met silwer en koolstof) op met dik gaas en plak toe met Omnifix. Voorheen het ek ook Inadine-gaas en Bactigras-gaas opgesit,maar dan bly die wond vogtig en val net dieper in. Al wat ek op hierdie stadium wyser is, is dat die wond skoon en droog moet bly! bg medisynes is ook baie duur. Bedags trek ek ook vir my ma stywe drukkouse aan vir beter bloedsomloop. Gee my net asseblief raad wat verseker sal werk, ek is moedeloos. DANKIE

Reply to Florette Longland

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement