advertisement
Question
Posted by: T | 2011-04-12

Bednatmaak

My seuntjie is 3 1/2 en totaal " potty trained"  deur die dag, maar ek is raadop in die nag. Hy mag van 7 uur in die aand af niks drink nie, en ek neem hom 10 uur, 12 uur en 4 uur gedurende die nag toilet toe. Gedurende hierdie tyd drink hy niks. Hy staan egter nog elke oggend met ''n nat doek op. Ek het al die doek afgehaal, maar dan maak hy die bed nat. Ek is raadop en weet nie meer wat om te doen nie. Ek is moeg want my wekker lui, soos bo genoem 12 uur en 4 uur sodat ek hom badkamer toe kan neem. Enige raad is welkom. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo T
Seuntjies mag langer as dogtertjies neem om heeltemal droog te bly, veral in die nag. Daar is sekere senuwee bane in die brein wat moet groei voordat hulle fisies in staat is om te reageer op die sein dat die blasie vol is. Hy word dalk net nog nie wakker as hy moet piepie nie. Dit is algemeen dat kinders tot op 6 jaar nog soms in die nag glipse kry. Ek stel voor dat jy voortgaan met die beperking van vloeistowwe na 7, laat hom toilet toe gaan voor jy gaan slaap, maar laat hom maar met 'n broekie tipe "huggie" doek slaap. Ek sou nie in die middel van die nag opstaan om hom toilet toe te neem as dit nie tot nou toe al gehelp het nie. Laat 'n nagliggie brand dat hy jou kan kom roep as hy wel wakker word en 'n nood het, en as hy dit regkry om een nag droog te slaap, maak 'n groot ophef daarvan. Ek dink nie jy moet te bekommerd wees nie, en hom ook nie angstig maak daaroor nie, bitter min kinders het regtig 'n blaas probleem. Gee nog bietjie tyd vir ontwikkeling om plaas te vind.
Sien http://familydoctor.org/online/famdocen/home/children/parents/toilet/366.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: anca | 2011-04-13

My seuntjie het ook die probleem gehad. Hom op 4 dokter toe gevat en hy het niks fout gekry nie. Ons het hom nie in die nag toilet toe gevat nie. Die glipsies het al minder geraak maar eers op 6 jaar gestop. Hy het met doek geslaap tot hy heeltemal opgehou het om glipsies te he. Ek en my man het nooit issue daaroor gemaak nie. Die dooek slapery stil gehou en hy is nou 9 en als oor en vergete. Sterkte

Reply to anca
Posted by: Sara | 2011-04-12

Hy is nog klein. Sit ''n nappy aan weer in die aande en probeer weer in so 2 maande se tyd.

Reply to Sara
Posted by: Cyberdoc | 2011-04-12

Hallo T
Seuntjies mag langer as dogtertjies neem om heeltemal droog te bly, veral in die nag. Daar is sekere senuwee bane in die brein wat moet groei voordat hulle fisies in staat is om te reageer op die sein dat die blasie vol is. Hy word dalk net nog nie wakker as hy moet piepie nie. Dit is algemeen dat kinders tot op 6 jaar nog soms in die nag glipse kry. Ek stel voor dat jy voortgaan met die beperking van vloeistowwe na 7, laat hom toilet toe gaan voor jy gaan slaap, maar laat hom maar met 'n broekie tipe "huggie" doek slaap. Ek sou nie in die middel van die nag opstaan om hom toilet toe te neem as dit nie tot nou toe al gehelp het nie. Laat 'n nagliggie brand dat hy jou kan kom roep as hy wel wakker word en 'n nood het, en as hy dit regkry om een nag droog te slaap, maak 'n groot ophef daarvan. Ek dink nie jy moet te bekommerd wees nie, en hom ook nie angstig maak daaroor nie, bitter min kinders het regtig 'n blaas probleem. Gee nog bietjie tyd vir ontwikkeling om plaas te vind.
Sien http://familydoctor.org/online/famdocen/home/children/parents/toilet/366.html
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement