advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009/11/30

Barrets opvolg

Hi Doc,

Ek het gou gister met Doc Anrich gepraat oor die Barrets-storie. Soos ek verstaan moet ek liewer vir my Dokters gaan vra vir ' n kroniese voorskrif vir Nexiam en nie Altosec drink nie?

Ek het Des. 2008 mos ook ' n Gastroskopie gehad en toe het hulle net genoem dat ek Erosie/maagsere het en niemand het iets genoem van Barrets nie. Het die Barrets dan in die laaste 12 maande ontstaan?

Ek kan my nie nou indink WEER ' n operasie nie! Ek herstel nog van 3 weke gelede se sternum-op. My Werkgewers sal my afdank as ek in die volgende jaar weer afsiek moet wees.

Sal ek, as ek kronies Nexiam drink, die operasie om my maagklep te herstel, met nog ' n paar jaar kan uitstel? Wat is die herstel-tydperk van so ' n op?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Mens hoef nie altyd 'n operasie te kry nie - medikasie kan dit heeltemal onder beheer hou. Altosec en Nexiam is "boeties" maar die Nexiam is die meer moderne van die twee. As Altosec goed werk vir jou is dit nie nodig om te verander nie, maar as dit nie effektief is nie, kan jy dalk die nuwer Nexiam probeer.
Barrets is iets wat geleidelik met tyd ontstaan agv chroniese irritasie. Dit was dalk in 2008 nog nie sigbaar nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/11/30

Hallo Cornel
Mens hoef nie altyd 'n operasie te kry nie - medikasie kan dit heeltemal onder beheer hou. Altosec en Nexiam is "boeties" maar die Nexiam is die meer moderne van die twee. As Altosec goed werk vir jou is dit nie nodig om te verander nie, maar as dit nie effektief is nie, kan jy dalk die nuwer Nexiam probeer.
Barrets is iets wat geleidelik met tyd ontstaan agv chroniese irritasie. Dit was dalk in 2008 nog nie sigbaar nie.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement