advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009/11/28

Barrets Esofagitus

Hi Doc Anrich,

Ek het 9 November my Sternotomy gehad en minute voor die operasie het die Gastroentroloog ' n Gastroskopie gedoen (ek het al vanaf Augustus by my GP gaan raad vra aangesien ek baie sooibrand ervaar, naarheid, maagpyne en my stem wat hees raak - sonder tekens van sinus, ens.) Die GP het my gestuur vir sonar en CT scan en die diagnose: IBS)

Lang storie kort: Die Gastroskopie wys " Barrets Esofagitus"  as gevolg van Maagklep disfunksie.

1. Ek het Des. 2008 ook Gastroskopie gehad (borspyne, ens. - amper 1 jaar later het RT scan sternum dehiscence gewys) en tydens die Gastroskopie is daar gese ek het maagsere, maar nog niemand het vantevore melding gemaak van Barrets nie. Hoekom het ek nou amper 1 jaar later Barrets?

2. Ek drink nou al vir afgelope amper 3 weke 2 Altosec (40mg per dag) in die oggende, maar ek het permanent sooibrand. Ek het Des. Nexiam voorskrif gekry maar nooit gedrink nie. Is Altosec beter as Nexium?

3. Hoe lank sal ek daarmee kan weg kom sonder ' n maagklep operasie en wat behels die operasie? Dis my laaste opsie, want ek wil regtig nie weer ' n operasie in my lewe he nie.

Baie dankie vir ' n puik diens.

lekker dag,

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cornel

Nexium is 'n baie beter produk om te gebruik om sodoende die maag suur inhoud te verminder.

Barrets Sindroom ontwikkel na 'n langstaande blootstelling van die esophagus se mikosa aan maagsappe. Dit word veroorsaak deur reflux esophagitis. Ongelukkig is Barrets se sindroom die voorloper van 'n karsinogeniese ontwikkeling van die esophagus, wat veroorsaak word deur langdurige blootstelling aan maagsure. Dit is daarom belangrik dat jy 'n operasie ondergaan, om te verhoed dat reflux voorkom.

Die operasie is deesdae baie veilig en kan laparaskopies gedoen word en goeie resultate kan verkry word.

Sterkte




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Francois Swart | 2010/02/22

wel ek is raad op, ek het elke dag van my lewe sooibrand en staan elke dag van my lewe op met n seer keel, en ekt sinus. mY NEXIAM werk nie meer vir my goed nie, soms moet ek 80mg nexiam drink.

Wat moet ek doen vir die regte behandeling? van ''n gebou afspring?

Ek is net 24, water gee my sooibrand , als gee my sooibrand ek was al vir 2 gastroskopies, die eers dr. het my nie genoeg relax middle in gegee nie, dit was ''n nare ervaring, die tweed het my beter verdoof, kan nie iets onthou nie.toe wil DR. my met ''n pyp deur die neus laat loop, n suur toets. Nou as ek al die bogenoemde se, hoekom moet daar eers so baie toetse gedoen word voor operasie. ek het chronies sooibrand, opereer, maak toe, klaar

HELP ASB.

Reply to Francois Swart
Posted by: anxious | 2009/11/28

Cornel

I can' t believe you are going through all of this! What op do you actually have to have? After all you went through with your heart surgery and now this! I hope you can find a suitable option to surgery.

All the best

Reply to anxious

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement