advertisement
Question
Posted by: Sandra | 2011/05/19

Barlow sindroom

Ek is 29 jaar oud, vroulik en ek rook ongeveer tussen 6-8 sigarette per dag. Ek is onlangs deur ''n kardioloog met Barlow sindroom gediagnoseer. Dit is blykbaar nie gevaarlik nie. Daar is hoe cholesterol in ons familie. Sal my borskas pyn verminder as ek ophou rook? Ek het ook agtergekom dit word erger wanneer ek bv ''n glas wyn drink. Party aande kan ek nie op my linkersy le nie, ek voel letterlik hoe my hart tot in my arm in klop. Maar die kardioloog het gese my hart is gesond, dis net die klep wat die pyn veroorsaak. Is daar spesifieke goed wat mens nie moet eet en drink wanneer jy Barlow sindroom het nie? Hoe gevaarlik is dit regtig? Volgens die dr is ek baie angstig en veroorsaak dit ook dat my hart so vinnig en pynlik klop. My spiere aan die linkerkant van my bors is ook permanent seer, ek voel dit heeltyd. Wanneer ek my arm na die kant toe uitstrek, voel ek letterlik hoe die spiere trek. Die pyn is net aan my linkerkant en dan is my nek, skouer en rugspiere ook baie gevoelig.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Dag se Sandra.

Barlow se sindroom kom baie dikwels voor, veral in jong vroumense, en in die groot meerderheid van gevalle is dit glad nie gevaarlik nie. Mense wat dit het is dikwels ondergewig en het 'n neiging tot borskaspyn.

As 'n gevolg word die hartklep/Barlows sindroom dikwels blameer vir simptome wat niks met die hart te doen het nie - met andere woorde is die Barlows 'n "red herring" of "innocent bystander", soos ons in Engels se. In jou geval kan ons baie seker wees die pyn wat jy kry nie van die hart afkomstig is nie. Spanning en angs speel ook 'n rol, en het natuurlik 'n groot invloed op jou hartspoed..

Dit is glad nie nodig om jou dieet te verander nie, en my raad sal wees om heelwat minder aandag aan jou hart te gee! Dit is nie vir jou simptome verantwoordelik nie. Konsentreer liewer op die gewoontes wat wel 'n slegte invloed op jou gesondheid in die toekoms mag he - bv sigarette!

Voorspoed

JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Amalinda | 2016/05/10

More my linker beenswel lyk groter as die aner een en hy pyn baie.My naels raak blou blou en voel ek kry nie genoeg amsuurstof nie .Ek gaap my moeg ek het Barlow Sindroom van hartklep.Ek het ook artritus die knoppe op my vingers dis in my gewrigte in.Dokters is so duur wat kan ek gebruik

Reply to Amalinda
Posted by: Helen | 2015/01/08

Veroorsaak Barlow sindroom duisligheid en lamheid?

Reply to Helen
Posted by: Cardiologist | 2011/05/31

Dag se Sandra.

Barlow se sindroom kom baie dikwels voor, veral in jong vroumense, en in die groot meerderheid van gevalle is dit glad nie gevaarlik nie. Mense wat dit het is dikwels ondergewig en het 'n neiging tot borskaspyn.

As 'n gevolg word die hartklep/Barlows sindroom dikwels blameer vir simptome wat niks met die hart te doen het nie - met andere woorde is die Barlows 'n "red herring" of "innocent bystander", soos ons in Engels se. In jou geval kan ons baie seker wees die pyn wat jy kry nie van die hart afkomstig is nie. Spanning en angs speel ook 'n rol, en het natuurlik 'n groot invloed op jou hartspoed..

Dit is glad nie nodig om jou dieet te verander nie, en my raad sal wees om heelwat minder aandag aan jou hart te gee! Dit is nie vir jou simptome verantwoordelik nie. Konsentreer liewer op die gewoontes wat wel 'n slegte invloed op jou gesondheid in die toekoms mag he - bv sigarette!

Voorspoed

JT

Reply to Cardiologist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement