advertisement
Question
Posted by: Marie | 2011/04/08

Barlow sindroom

Hi. Ek is al 12jr terug met barlow sindroom gediagnoseer. Ek is tans op hexaron 100 en voel heel goed. Di spesialis se dit is n " mild"  prolaps. Kan dit veroorsaak dat my enkels swel, dit eers so 2mnd terug begin of soos my gp se, net ouderdom en hitte? Eks 47. Moet ek lewenslank die hexaron gebruik of net as ek hartkloppings kry, wat maar min gebeur? Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Dag se Marie.

Barlow se sydroom is ook bekend as mitraal klep prolaps. Blykbaar is die prolaps (dws die lek) in jou geval "mild". As dit die geval is, is dit onwaarskynlik dat die swelsel van jou voete veroorsaak word deur die prolaps. Die hitte kan 'n rol speel, asook ander faktore bv spataare. "Ouderdom" is nie van toepassing in 'n 47 jarige dame nie!

Hexarone word gewoonlik gebruik vir beheer van belangrike hart ritme stoornisse soos atriale fibrillasie. Omdat die Hexarone lank vat om te begin werk, kan dit nie net "by geleentheid" gebruik word nie, maar vir 'n jong dame is dit ook nie 'n ideale medikasie om lewenslank as "kronies" te gebruik nie.

As jy dit moet neem, neem dit asb in die laagste moontlike dosis, en jou skildklier funksie moet ook asb gereeld getoets word. Ek wil voorstel jy jou kardioloog ten minste elke ses maande raadpleeg vir opvolg.

Voorspoed!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cardiologist | 2011/04/12

Dag se Marie.

Barlow se sydroom is ook bekend as mitraal klep prolaps. Blykbaar is die prolaps (dws die lek) in jou geval "mild". As dit die geval is, is dit onwaarskynlik dat die swelsel van jou voete veroorsaak word deur die prolaps. Die hitte kan 'n rol speel, asook ander faktore bv spataare. "Ouderdom" is nie van toepassing in 'n 47 jarige dame nie!

Hexarone word gewoonlik gebruik vir beheer van belangrike hart ritme stoornisse soos atriale fibrillasie. Omdat die Hexarone lank vat om te begin werk, kan dit nie net "by geleentheid" gebruik word nie, maar vir 'n jong dame is dit ook nie 'n ideale medikasie om lewenslank as "kronies" te gebruik nie.

As jy dit moet neem, neem dit asb in die laagste moontlike dosis, en jou skildklier funksie moet ook asb gereeld getoets word. Ek wil voorstel jy jou kardioloog ten minste elke ses maande raadpleeg vir opvolg.

Voorspoed!

Reply to Cardiologist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.