advertisement
Question
Posted by: bang jan | 2008/09/23

Bang in die nag

Ek weetie of dit die regte plek is om hier te praat nie maar ek bly huidiglik nou op my eie wat nogal lekker is.O ja ek is manlik 28 jaar oud.Nou dis vir mens ' n groot plesier om jou eie plek te he en dan huistoe te kom na jou eie plek. Nou ek bly in ' n redelike goeie area maar ek is moerse bang. EK meen ek het 2 honde, alarm stelsel diewerings en alles.Maar ek bly bang.Ja ' n maniike sissie ek se jou.Ek meen al die goed wat mens hoor gebeur en siengebeur in die land het ek seker rede om bang te wees.Maar dan as die nag verby is en ek is uit die huis dan voel ek sommer stupid dat ek myself so kan opwerk oor niks.Mens kan seker nie die res van jou lewe so bang wil wees nie.maar ek weetie hoe om verby dit te kom nie.Dan is daar goed wat ook nie juis help nie.Net vanoggend het iemand my klokkie kom lui aan die vroodeur om 5:30 die oggend. Ek gaan kyk en niemand was daar nie. Ek weet dis seker nou nie groot " probleme"  soos die ander mense nie, so ek is jammer, wou net bietjie advies vra!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

I don't think anyone is a sissie for feeling concerned about the high crime rate which the government has done so very little about. But one needs to get one's fear in proportion, and not sweat about what you can't do, while doing all you can to improve your safety. Sometimes if one already has an anxiety disorder ( which atually responds well to CBT type counselling ) one's fears may be exaggerated, and the feeling of helplessness may be magnified

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: bang jan | 2008/09/23

Hallo. Thanks baie dankie vri die comments. " Ek" , ek waardeer dit wat jy alles geskryf het. Dis nogal baie sad dat jy nie eers in jou eie huis kan veilig wees nie.wel ek het ons alarm mense gebel hulle sal ogie hou se hulle.

Baie dankie vir die terugvoering.Waardeer dit!!!

Reply to bang jan
Posted by: Ek | 2008/09/23

Ek dink jy is maar net een van BAIE mense wat so voel. Dit maak nie ' n verskil of jy manlik of vroulik is nie - jy is ewe kwesbaar vir aanvalle, so moenie sleg voel omdat jy manlik en bang is nie. Ek en my man bly in ' n sekuriteitskompleks en ek is ook maar bang. Dit help om hom by my te he, want hy hou homself baie braaf en dit is darem 2 pare ore en ons kan saam planne maak- maar ek weet dat hy ook maar niks sal kan doen as daar iets gebeur nie. Ek het al vrede daarmee gemaak dat iemand in die dag kan inbreek en al ons goed steel - dit het ook al gebeur, en dis ok, maar wat my opeet is die vrees dat iemand in die nag kom en ons persoonlike / fisiese kwaad aandoen. Ongelukkig is daar bitter min wat ons in die land kan doen om onsself te beskerm. Op die stadium leef ek maar volgens die beginsel dat ek wil hoor dat hulle besig is om in te kom voordat hulle reeds langs my bed is, sodat ek tyd het om hulp te kry en dalk op ' n ader plek uit te kom. Ons het dus ordentlike diefwering voor al die vensters reg rondom die huis - wat ek hopelik sal hoor as hulle dit afbreek voor hulle net ' n venster breek in in my kamer staan. Verder sit ons die alarm aan in die nag as ons gaan slaap en dis gekoppel met ADT. Die diefwering in ons kamer kan oopsluit met ' n sleutel wat ek naderby hou - sodat ons kan uitkom as iemand binne in die huis op ' n ander plek is. Dit alles kos ' n helse klomp geld maar wat anders moet mens doen ... ?? Verder ry ons eerder goedkoop karre en koop nie duur menubels en goed vir die huis nie - just in case.

Honde buite help ongelukkig niks. Die beste is om honde binne die huis te he wat nie vergiftig kan word nie en lawaai kan maak as hulle iets hoor. Jack Russels is glo die beste.

Maar ek glo dat elke mens se tyd op aarde vooraf afgemeet en bepaal is. As dit jou tyd is, is dit jou tyd en jy moet altyd seker wees dat jy reg is om te gaan. Mense kan jou goed steel, jou lewe vat of jou liggaam kwaad aandoen - maar niemand kan jou siel kwaad aandoen as jy dit nie toelaat nie. Ek maak myself maar rustig met die wete dat my rykdom nie op aarde is nie.

Dis jammer dat mens se vryheid en vrede op so ' n manier gesteel word. Die ander opsie is natuurlik om te immigreer, maar dan sit jy weer stoksielalleen in ' n plek waar jy ook nie gelukkig is nie. Wat moet mens doen? Ek weet wraggies nie!

Reply to Ek
Posted by: testing testing | 2008/09/23

testing testing 1,2,3

Reply to testing testing

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement