advertisement
Question
Posted by: ami | 2009/01/27

baked beans

Hi
Kan ek vir my baba dogtertjie baked beans in tamatie sous gee?
SY is 9maande oud
Baie dankie
Jammer nog ' n vraag. Wat is die verskil tussen 2% melk en vet vrye melk. My man ly aan cholestrol en ek sukkel soms om vet vrye melk te kry. Is 2% melk in orde?
Laaste vraag. Kan ek vir my 9maande oue dogtertjie kaas gee>  Indien ja watter kaas?

Baie dankie vir al die hulp
Ami

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Ami
Ek dink persoonlik dat jou dogtertjie nog bietjie jonk is vir geblikte droë boontjies aangesien dit nogal baie vesel bevat en dikwels winde veroorsaak. Wag tot haar spysverteringskanaal meer ontwikkel is. Dit geld ook vir die meeste kase, behalwe maaskaas. As jy vir haar ander soorte kaas gee, maak seker dat jy net 'n klein porsie gee. Die verskil tussen die kJ-, totale vet-, versadigde vet- en cholesterol inhoud van 2% melk en vetvrye melk is onderskeidelik: 208 kJ vs 146 kJ, , 2 g vs 0.2 g totale vet, 1.2 vs 0.12 g versadigde vet en 8 vs 2 mg cholesterol per 100 ml. Die vetvrye melk is dus laer m.b.t. al hierdie bestanddele en dus meer voordelig vir persone met cholesterol probleme.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement