advertisement
Question
Posted by: amanda | 2008/08/13

baie suur in my gestel.

dokter graag wil ek net hoor waarvan kry ' n mens suur in die liggaam. ek het my water laat toets daar is nie ' n teken van suur nie. ek ly aan atritus en rumatiek van dat ek 18 jaar oud was. ek is nou 54 jaar oud. ek het in 1993 ' n historektamie operasie gehad. ek het vir die eerste 3 jaar nooit gewig op getel nie, maar nou stoel ek daagliks kan nie my gewig beheer nie. ek weeg tans 85 kg gram, my normale gewig was altyd 60-65 kg.
HELP HULP DRINGEND NODIG
AMANDA


Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Amanda
Mens se liggaam maak suur as afbraak produk van chemiese reaksies wat in die liggaam plaasvind, soos die afbreek van proteiene ens. Die liggaam het 'n ingewikkelde sisteem waardeur dit die suurvlak in die bloed reguleer deur die niere en die longe en tensy jy long of niersiektes het, is daar nie regtig enige rede om abnormale suurvlakke in die bloed te ontwikkel nie. Jig word veroorsaak deur hoë uriensuur - dit is agv 'n genetiese geneigdheid waar die niere nie die afbraak produkte van proteine nl puriene optimaal kan hanteer nie, mens kan dit toets in die bloed en medisyne neem wat die niere daarmee help ( allopurinol) Artritis en rumatiek ( rheumatoide artritis) is 'n outo immune siekte, waar die liggaam antiliggame teen sy eie selle maak en dit het niks met suur vlakke te doen nie. Dit moet deur 'n rheumatoloog behandel word en hulle gee immuun onderdrukkers wat hierdie antiliggame se vorming verminder.
Die rede vir jou gewig toename kan te doen hê met jou skildklier of jy kan dalk nou insulien weerstandig wees. Vra jou dokter om jou skildklier en vastende insulien en suikervlakke te toets. Mens tel natuurlik maar gewig op soos jy ouer word omdat jy minder aktief is en jou metaboliese spoed afneem. Mens moet eintlik maar probeer om elke dag 'n halfuur te oefen al stap jy net om die blok.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: xenia | 2015/02/07

My man het gout gekry en het dit sy linkerbeen verskriklik laat pyn ons was by die kliniek en het die apteker vir ons medisyne gegee. Vandat hy die pills gebruik gooi hy verskriklik suur op. Hulle het sy suur getoets end was dit 6.4. Help asseblief is dit normal DAT hy so baie suur opgooi. Ek wag vir u antwoord. Dankie

Reply to xenia
Posted by: antoinette | 2014/06/04

Ek wol net vra kan I mens I erine suur toets doen my kint van 4 jaar het al ge braak dan vrant die vrak sy slik darempie en sy monkie orel waar die braak raak brant dit is nou al beter ma hoe toets I mens dit lat I mens kan weet of dit rag is baja dankie

Reply to antoinette
Posted by: Rina | 2008/11/30

My man is 53jr en het vanaf 20jr gout. Hy het al soveel rate gevolg en verskillende pynstillers gebruik. Sy gewrigte en tone kry nou knoppe en sy bene begin krom (bak) word. Ons het nie geld vir dokters en duur medikasie nie. Wat kan hy doen om van die gedurige pyn ontslae te raak en die misvorming van ledemate te voorkom.
Baie dankie
Rina

Reply to Rina

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement