advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2008/10/27

Baie seer gewrig

Ek het as kind gimnastiek gedoen en moes later stop omdat ek kort kort probleme met my regter gewrig gehad het. Daai tyd het my ouers my vir x-strale gevat maar hulle kon niks sien nie en het voorgestel dat ek vir ' n scan moet gaan. Dit het nooit gebeur nie want die pyn het later weggegaan. Ek het intussen ander sporte beoefen en geen probleme gehad nie.

Ek het so twee weke terug spring cleaning gedoen in die huis en die volgende dag toe het ek ' n knop op my gewig waar my duim aan my hand/arm bymekaar kom. Dit was nie seer nie en dit lyk soos ' n beentjie want dit is baie hard. Dit het my nie dadelik gepla nie want dit is nie seer nie. Die naweek het ek my seun van 8 maande baie rondgedra en nou is my gewrig so seer dat ek nie eers kan skryf nie. Ek dra nou ' n stut net om my hand reguit te hou, maar ek kan glad nie iets met my hand doen nie. Tot my vingers is gevoelig en ek kry kort kort krampe in my hand.

Iemand by my werk het vanoggend vir my iets genoem van ' n lugborrel wat in mens se aar kan wees?

Wat kan die probleem wees?

My oupa het dieselfde probleem en die dokter het daai tyd vir hom iets genoem van een van die arm bene wat langer is as wat hy moet wees, maar ek kon nie presies onthou wat hulle gedoen het nie. Kan dit dalk dieselfde met my wees. Ons kry nou medies deur my man se werk maar eers teen die einde November dan sal ek gaan vir scans ens.

Ek sal net graag wil weet wat verkeerd kan wees en of ek vinniger iets omtrent dit moet doen.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Beste Jen
Dit kan moontlik 'n gangleon wees. Dit is 'n harde sist wat gewoonlik op of rondom die tendons in die gewrigte of selfs op die voet kan voorkom. Daar is nie 'n spesifieke oorsaak nie, maar hulle dink dat "overuse" van die gewrig (soos jy oor die naweek miskien gedoen het) daartoe kan lei. Sommige gangleons is pynloos, maar ander kan weer baie pynlik wees. In die ou dae het hulle dit met 'n groot boek (of die Bybel) gekap sodat die sist bars, maar gaan sien liewer jou dokter sodat hy dit kan evalueer. Dit is beslis nie 'n lugborrel in jou aar nie!!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: SUZANNE | 2008/12/21

Ek kry die vreeslike krampe in my bene in die nag. Ek kan dan skraars op staan so kramp dit dan gaan eet ek sout met melk en loop maar rond tot dit weer bedaar. Ek het skaars gelê  dan kramp dit weer. Wat kan ek gebrui vir dit. Help my asb.

Reply to SUZANNE

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement