advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2010/11/02

Baie dankie Doc en almal...

Sjoe, ek was oorweldig deur die raad wat ek hier gekry het. Ek voel nou sommer baie, baie beter. Ek is ''n baie sterk mens en ek het al ''n baie lang pad met God aan my sy geloop en Hy is elke dag en elke tree met my.

Ek dink ook dat hy nie ''n maklike lewe gehad het nie en hopelik het God in sy hart ook gewerk. Ek wil nie graag met hom gaan praat hieroor nie en ek sal eintlik verkies om hom nie te ontmoet nie. Ek gaan hom net stilweg in my hart vergewe en probeer om nie daaraan te dink nie.

Vriende van ons se seun (hy is 15) het my dogtertjie, 5, nou die dag betas en my dogtertjie het my kom vertel. Ek was buite myself van woede en het hom uit my huis verban en as ek hom ooit iewers sien sal ek hom sommer ''n klap gee. Ek het moeder-instink wat my kind wil beskerm en so kwaad is vir die outjie dat ek hom nie weer naby haar sal toelaat nie. Ek was bietjie teleurgesteld in my ma dat sy my neef sal huisves na als - en nie eens vir my gevra het hoe ek daaroor voel nie. Sy weet dat ek vir die volgende 3 maande wat hy daar gaan bly nie met my kinders daar sal kan kom nie en nie self daar sal kom nie, maar tog kies sy die vreemdeling.

Dit het my bietjie seergemaak.

Dankie nogmaals vir almal se hulp en raad.
Mooi bly.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

There's no need for you to meet him if you don't want to. And you don't need to "forgive" him, either, in the popular sense of suggesting to him that what he did is OK and he needn't worry about it - forgive in the sense of letting go of the events and setting yourself free from being bound by bitterness and sadness to what happened -leave that, and him, in the past

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: bmw | 2010/11/03

Gesiggie - jammer vir die vraag - het jy jare geled vir Sanlam gewerk?

Reply to bmw
Posted by: Maria | 2010/11/02

Gesiggie dit is sleg van jou ma, ek sou ook nie daarvan gehou het nie. Kyk mooi na jouself en beskerm jou kind.

Reply to Maria
Posted by: cybershrink | 2010/11/02

There's no need for you to meet him if you don't want to. And you don't need to "forgive" him, either, in the popular sense of suggesting to him that what he did is OK and he needn't worry about it - forgive in the sense of letting go of the events and setting yourself free from being bound by bitterness and sadness to what happened -leave that, and him, in the past

Reply to cybershrink

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement