advertisement
Question
Posted by: Lisa | 2012-09-26

Baie bekommerd oor my ma

My ma is 60 jaar. ''n Bitter mooi aantreklike vrou en baie jonk vir haar ouderdom. Ons is 4 kinders, ek is die oudste, 37 met 3 jonger susters. My pa het gesterf Des 2010 aan breinkanker. Met my pa se siekte en aanloop na sy sterfte het my ma dit baie swaar gevat. Sy is ''n fyn vrou en baie emotioneel. Sy verwerk nie maklik ''n ding nie. Toe ek 17 was en my been met kanker verloor het en 2 jaar se chemo moes deurgaan het my ma dag en nag versorg, deur my braking en gewig/haarverlies. Toe ek 24 was, het ek orgaanversaking gekry en sy moes Pretoria toe vlieg, waar ek toe gewoon het, om my te sien omdat ek nie sou oorleef nie, ek was 4 dae in intensief met hartversaking, miltontsteking, dubbele long onsteking, hepatitis en masels. Sy moes kom afskeid neem van my maar ek het gelukkig oorleef. Sy is die enigste kind, sy het nie broers of susters wat haar kan bystaan nie. Terwyl ek baie siek met kanker was (op 17), het haar pa gesterf. My pa was die enigste persoon wat my ma bygestaan het en kon bystaan, met ''n baie sterk persoonlikheid. So amper 5 jaar gelede het haar ma ook gesterf na ‘ n baie lang siekbed (net soos myne toe ek 17 was), waar sy haar ma elke dag in die ouete huis versorg het. Haar ma kry toe ‘ n anorisme in haar aorta en was in intensief vir ‘ n lang tyd op 11 verskillende masjiene. My ma het so aan haar geklou om te bly leef. Sy het wonderbaarlik herstel en is terug ouetehuis toe vir nog 6 maande, toe sy sterf.

Toe my pa oorlede is, het haar wereld in duie gestort en niks wat ons 4 dogters of skoonseuns kan doen, kan haar deurtrek nie. Dit is al amper 2 jaar en sy verlang so erg na hom dat sy ‘ n paar dae gelede na ‘ n grondpad gery het en vandaar oor ‘ n heuwel gestap het na ‘ n onthaal plek waar hulle eens was, om te kyk of hy nie daar is nie, miskien ‘ n reuk of gevoel van hom te kry. Maar hy is weg, vir ewig. Dit was vir ons almal baie swaar en ons almal was by sy sterfbed, ons het in die MediClinic toestemming gekry om by sy bed te oornag vir 2 nagte met komberse en kussings.

My ma was opgeneem in Optenhosp Kliniek in die Paarl vir 3 weke, nie lank na sy dood nie, vir ‘ n senuineenstorting. Daar was sy onder ‘ n Psigiater met medikasie en het goed reggekom, maar wou nie die plek verlaat nie, sy was te bang vir die buitewereld. Sy het wel aangepas buite met baie liefde en aandag van my wat baie naby haar woon asook my ander susters en familie en vriende. Sy was ook by ‘ n ander Psigiater wat haar forseer het om te huil en al haar woede uit te huil, maar dit het nie lekker gewerk nie. Sy het iemand ontmoet wat haar baie mooi bygestaan het en haar lewe lank al ken. Romanse het opgevlam en alles het goed gegaan, alhoewel die man nie wil “ vas”  wees nie en sy gedurig moes sit by die huis tot hy lus was vir ‘ n verhouding. Sy het dit so aanvaar omdat hy die perfekte man is en sy so desperaat is vir liefde. Ongelukkig is dit nou verby en sy besef ook sy wil nie op ‘ n klip sit en wag nie. Dit het ons almal vir haar hoeveel keer gesê .

Sy woon in ‘ n baie netjiese mooi 2 slaapkamer huisie in ‘ n sekuriteits kompleks. Sy het net ‘ n kat vir geselskap. Sy huil al vir 2 jaar lank oor my pa. Ek besoek haar ten minste elke 2de dag of sy kom eet by ons. Sy het het haar eie motor en kan lekker rondry of by vriendinne kuier. Sy kuier wel so om die beurt by my susters waar sy dan oorslaap en lekker tyd met haar kleinkinders spandeer. Maar sy geniet niks. Die lewe is nie vir haar die moeite werd sonder iemand met wie sy dit kan deel nie. Sy wil gekoester wees, sy smag na liefde. Sy voel in die pad oral waar sy kom omdat sy net mense raaksien wat ‘ n metgesel het. Haar hart is seer, sy is ongelooflik depressief. Sy verlang na haar ma, sy praat elke dag oor my oupa en my pa, waarna ek net so verlang en saam met haar huil. Sy praat van interressante dinge uit haar kinderjare wat my vreeslik amuseer, maar dan huil sy as sy dit vertel want sy kan dit met geen familie deel wat dit ook kan onthou nie.

My ma is ‘ n baie gelowige mens en bly altyd op haar kniee. Sy vertel hoe die Here vir haar iemand belowe het en dat sy nie met sy planne moet inmeng nie, maar die verlange, die hartseer, die pyn, die ongelooflike seer wat sy het maak my so hartseer. Ek is die naaste aan haar van al die kinders, omrede ek so siek was in my lewe en ons amper dieselfde persoonliheid het. Ek lei aan maniese depressie, maar is reg met my medikasie, al vir 20 jaar. Ons verstaan mekaar so goed. Ons lees mekaar se gedagtes. My ma is by ‘ n psigiater elke paar maande en haar medikasie was ‘ n 100 keer aangepas tot die regte kombinasie gevind is. Maar geen pil kan die bitterheid en pyn in jou hart wegneem nie. Dit verstaan ek. Wat my nou bekommer is dat sy wild en wakker rondry na waar sy groot geword het om haar ouers te soek, my pa te soek by plekke en pyn en hartseer op haar skouers dra.

Ons was so desperaat, ek het haar gehelp met internet dating. Dalk kon ons iemand ontmoet, maar ek is mooi wakker en het alles goed uit die boom gekyk. Dit het nie gewerk vir haar nie. Sy kom nie op plekke waar sy mense kan ontmoet nie. Ek het ‘ n bustoer vir enkellopenes voorgestel, maar sy sê  dis meestal enkel vrouens. Sy gaan een keer per week na ‘ n selgroepie wat sy geniet. Sy is nou genooi met ‘ n vriendin vir ‘ n week na ‘ n Strandhuis. Alhoewel daar ander mense ook gaan wees, en die vriendin ook nie ‘ n metgesel het nie, voel sy steeds alleen, in haar hart. Sy sal op die rotse gaan sit en met my Pa praat of so iets.

Sy soek net iemand om haar lief te hê , is dit so moeilik? Al wat sy nodig het en na smag is liefde, en iemand in haar lewe en alles sal regkom! Is daar ‘ n sagte man daar buite wat ook sy vrou verloor het wat my wil -|- ak? Ai, ek is so hartseer. Ek weet nie hoe lank ek my ma nog so kan sien nie, dit breek my hart.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Clearly, you have a marvellous and admirable mother, who has coped, and helped you cope, with many crises. One's ability to cope is ofrten reduced as one grows older, and losing a spouse at all, let alone where there's been a long and strong relationship, can be very difficult indeed.
I'm pleased that she was seen and assessed by a psychiatrist, but if one of them tried genuinely to "force her to weep" he was behaving like a quack and irresponsibly using a method NO competent expert on grief or psychiatry would ever recommend. I am shocked to hear of such nonsense !
In the early days, it can be difficult to distinguish between major grief, and a depression, but after all this time, this sounds like either a severe depression, or a complicated grief, or a combination of both these conditions. Antidepressants might help, but I'd think skilled psychitherapy from an experienced psychologist would help ( and if he also wants to force her to weep, sack him !)
What you further describe, in terms of the over-valuation of this new man she has met, and the belief that God has promised him to her ; and especially this physically driving round looking for her dead husband and parents, could well be an indication that the grief and depression has reached psychotic proportions, as a severe depression can do ; but it should still respond to proper treatment.
Obviously she is still loved by you and your family, and its not simply "love" that she's missing, but the specific love of the specific people she has lost.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cybershrink | 2012-09-26

Clearly, you have a marvellous and admirable mother, who has coped, and helped you cope, with many crises. One's ability to cope is ofrten reduced as one grows older, and losing a spouse at all, let alone where there's been a long and strong relationship, can be very difficult indeed.
I'm pleased that she was seen and assessed by a psychiatrist, but if one of them tried genuinely to "force her to weep" he was behaving like a quack and irresponsibly using a method NO competent expert on grief or psychiatry would ever recommend. I am shocked to hear of such nonsense !
In the early days, it can be difficult to distinguish between major grief, and a depression, but after all this time, this sounds like either a severe depression, or a complicated grief, or a combination of both these conditions. Antidepressants might help, but I'd think skilled psychitherapy from an experienced psychologist would help ( and if he also wants to force her to weep, sack him !)
What you further describe, in terms of the over-valuation of this new man she has met, and the belief that God has promised him to her ; and especially this physically driving round looking for her dead husband and parents, could well be an indication that the grief and depression has reached psychotic proportions, as a severe depression can do ; but it should still respond to proper treatment.
Obviously she is still loved by you and your family, and its not simply "love" that she's missing, but the specific love of the specific people she has lost.

Reply to cybershrink

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement