advertisement
Question
Posted by: SM | 2011/05/19

Baie bekommerd

Ek is ‘ n 31 jarige vrou en sukkel die laaste 3 jaar onophoudelik met erge borspyn, meesal aan my linkerkant. Ek was vir ‘ n EKG wat klein onreelmatighede getoon het maar my GP het gesê  dit lyk of ek so gebore is en dit is dus nie gevaarlik nie. My GP het toe die volgende bloedtoetse laat doen wat almal volgens hom niks snaaks opgelewer het nie:
Full blood count
Platelet count.
D-Dimer (Quantitative)
C-reactive protein.
Aspartate aminotransferase (AST).
Creatine kinase (CK)
Lactate dehydrogenase (LD)
CK-MB: mass determination: Quantitative (Automated)
Myoglobin quantitative: monoclonal immunological
Troponin isoforms: each.
Ek het toe vir ‘ n hartsonar gegaan by ‘ n kardioloog wat Barlow Sindroom gediagnoseer het. Hy het Concor voorgeskryf, halwe tablet elke dag. My probleem is nou my een tannie moes laasweek vir ‘ n nood hartomlyning gegaan het nadat sy min of meer dieselfde simptome as ek gehad het. Erge borspyn, arms wat doodgaan. Alles is nie dieselfde nie maar ek is nou van voor af weer bekommerd. My medies is uitgeput en ek kan nie meer dr toe gaan nie. My tannie het byvoorbeeld ook ‘ n pynaanval gekry sodra sy iets geeet het, wat met my ook partykeer gebeur. Die enigste verskil is dat hare gekom en gegaan het maar myne is die heeltyd daar. Hare is blykbaar ‘ n oorerflike ding, iets met die hartstam te doen en agv haar hoë  cholesterol. Ek het nog nooit my cholesterol laat toets nie. Haar hart kondisie is met ‘ n angiogram gediagnoseer. My probleem is nou net: ek het net ‘ n hartsonar en die bloedtoetse gehad. Wat sien ‘ n kardioloog alles op ‘ n sonar? Is dit genoeg en voldoende om te sien of my hart gesond is? Hy het vir my gesê  ek is vir die volgende 30 jaar nie ‘ n kandidaat vir ‘ n hartaanval nie, maar my tannie was ook nie. Blykbaar sou haar hart net eenvoudig opgehou het met klop, geen hartaanval. Ek wil eintlik net graag weet wat ‘ n dr wys word uit ‘ n sonar en uit die bloedtoetse wat gedoen was. Wat het die bloedtoetse vasgestel? Jammer oor die lang vraag  ek is net regtig bekommerd aangesien ek eers weer volgende jaar na ‘ n spesialis dr toe sal kan gaan agv my mediese fonds. Partymaal klop my hart so vinnig dat ek glo ‘ n hartaanval gaan enige oomblik gebeur, dat geen hart so vinnig kan klop en dit maak nie. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Hello SM

Jy is onnodig bekommerd! Omdat jy jonk en vroulik is, is jou risiko van hartaanval op die ouderdom van 31 baie laag. Ons kan baie seker wees die pyn wat jy beskrywe niks met die hart te doen is nie.

Dit klink glad nie soos hart-pyn nie, en die eenvoudige feit dat dit vir 3 jare jou gepla het, sonder enige gebeurtenisse, is ook getuienis dat dit nie 'n gevaarlike pyn is nie. Dit klink vir my soos pyn van die borskas, bv die spiere of kraakbeen of weefsel tussen die ribbes.

Daar is oorgenoeg bloed toetse gedoen, behalwe dat jy nie melding maak van jou cholesterol nie. Meer toetse is nie nodig nie, en ek dink nie dit sal help om nog 'n spesialis te raadpleeg nie. 'n cholesterol toets kan volgende jaar gedoen word.

Jou tannie se siekte is nie noodwendig van toepassing nie. Sy is seker ouer as jy, en haar risikofaktore mag heeltemal anders wees. Koronere vatsiekte in jong vroumense voor die so-genaamde "change of life" kom baie selde voor, tensy jy 'n roker of diabeet is.

'n Vinnige hartspoed in 'n gesonde hart sal nie skade veroorsaak nie.

Sterkte!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Ziana du Plessis | 2011/09/10

Wat is dit en Hoe ernstig is dit? Afrikaans asb

Reply to Ziana du Plessis
Posted by: Ziana Du Plessis | 2011/09/10

Dr het per toeval agtergekom ek het dit. Moet ek by ''n Cardioloog uitkom, en hoe ernstig is dit.

Reply to Ziana Du Plessis
Posted by: Cardiologist | 2011/05/31

Hello SM

Jy is onnodig bekommerd! Omdat jy jonk en vroulik is, is jou risiko van hartaanval op die ouderdom van 31 baie laag. Ons kan baie seker wees die pyn wat jy beskrywe niks met die hart te doen is nie.

Dit klink glad nie soos hart-pyn nie, en die eenvoudige feit dat dit vir 3 jare jou gepla het, sonder enige gebeurtenisse, is ook getuienis dat dit nie 'n gevaarlike pyn is nie. Dit klink vir my soos pyn van die borskas, bv die spiere of kraakbeen of weefsel tussen die ribbes.

Daar is oorgenoeg bloed toetse gedoen, behalwe dat jy nie melding maak van jou cholesterol nie. Meer toetse is nie nodig nie, en ek dink nie dit sal help om nog 'n spesialis te raadpleeg nie. 'n cholesterol toets kan volgende jaar gedoen word.

Jou tannie se siekte is nie noodwendig van toepassing nie. Sy is seker ouer as jy, en haar risikofaktore mag heeltemal anders wees. Koronere vatsiekte in jong vroumense voor die so-genaamde "change of life" kom baie selde voor, tensy jy 'n roker of diabeet is.

'n Vinnige hartspoed in 'n gesonde hart sal nie skade veroorsaak nie.

Sterkte!

Reply to Cardiologist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement