advertisement
Question
Posted by: werner | 2011/05/09

baie bekommerd

beste dok,

my 2 jr 4 mde oue baba dogter is regtig baie moeilik. Sy weier volstrek om te eet wat ek haar gee, verkies net sekere kosse, gooi die res op die grond. Gooi ongelooflike tantrums. Sy is beslis hoogs intelligent, maar is totaal anti-sosiaal. Sy word bang vir enige vreemdeling (klein en groot) wat net naby haar kom. Ons is nie baie sosiale mense nie, asook maak ons haar 2-talig groot (ek is afr my vrou is engels) Dit alles, veral die aanhoudende geskreeu maak ons nou almal erg opgestres, en ek weet nie hoe lank ons nog sal kan uithou nie. Ons is tans ook nie in SA nie, so die grootouers is ook nie eers naby vir bietjie hulp en aandag nie. Dit is regtig erger as wat dit hier op papier klink, sy is ongelooflik moeilik. Is dit n vorm van outisme, of hiper-aktiwiteit, is daar medikasie...dit is ook moeilik om mediese hulp te kry tans. Help ASB!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Werner

Dit is baie belangrik dat jou kind deur 'n dokter ondersoek word en selfs na 'n pediater verwys word. Haar uitbarstings kan as gevolg wees van pyn wat deur 'n infeksie soos byvoorbeeld ontsteking van die binne-oor, veroorsaak word. Daar is egter nog talle ander oorsake wat ondersoek en uitgeskakel moet word. Sonder ondersoeke is dit baie moeilik om 'n vinger op die probleem te plaas.

Ek sal terugvoering waardeer.

Groete



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement