advertisement
Question
Posted by: Marinda | 2010/03/16

Baba en Jogurt

Goeie dag

Ek hoop u kan my help of raad gee. My seun van 14 maande het ''n probleem met suiwel. Ek wou hom al oorgesit het op beesmelk maar sy bors is dan baie " slymerig" . Iemand het aanbeveel dat ek bokmelk jogurt probeer ek het maar die gevolge was ''n loop maag. Toe het ek soya jogurt probeer en weer dieselfde sodra ek stop met die jogurt dan is sy maag weer reg. Ek stuur nou weer so 75ml gewone jogurt van maandag af saam dagsorg toe en sy het my vandag laat weet dat sy magie weer spoel. Kan ek hom laat toets of moet ek maar net heeltemal ophou met suiwel produkte? Hy drink Infacare 3 en het glad nie daarmee ''n probleem nie.

Ek het hulp en raad nodig.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Marinda
As jou seuntjie Infacare 3 wat melk bevat, kan drink sonder probleme dan is dit onwaarskynlik dat hy vir koeimelk allergies is. Dit is moeilik om te se watter bestanddeel in beide bokmelk jogurt en soja jogurt sy maag aantas. Jy kan wel jou dokter vra om hom te laat toets vir koeimelk, bokmelk, jogurt en soja allergieë. Ek dink vir die oomblik tot jy weet of hy wel allergies is, moet jy maar die jogurt uitlos en eers wag om te hoor hoe jy op hierdie kosse gaan reageer. Gee hom sy Infacare 3 as drankie om skool toe te neem.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/03/16

Beste Marinda
As jou seuntjie Infacare 3 wat melk bevat, kan drink sonder probleme dan is dit onwaarskynlik dat hy vir koeimelk allergies is. Dit is moeilik om te se watter bestanddeel in beide bokmelk jogurt en soja jogurt sy maag aantas. Jy kan wel jou dokter vra om hom te laat toets vir koeimelk, bokmelk, jogurt en soja allergieë. Ek dink vir die oomblik tot jy weet of hy wel allergies is, moet jy maar die jogurt uitlos en eers wag om te hoor hoe jy op hierdie kosse gaan reageer. Gee hom sy Infacare 3 as drankie om skool toe te neem.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement