advertisement
Question
Posted by: Bloeddruk | 2013/01/31

Atkins en bloeddruk

Ek wil net weet, ek is 35 jaar oud en tans op die Atkins dieet (+- 4 weke al) (net proteine, GEEN carbs) en eweskielik het ek hoe bloeddruk. Kan dit wees omdat ek baie proteine/vleis eet/dalk die sodium in worsies en baie kaas dat my bloeddruk so hoog is? Nooit met hoe bloeddruk gesukkel nie. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Bloeddruk
Die Atkins-dieet wat net proteïene en vette bevat, kan ook 'n baie hoë natriuminhoud hê omdat so baie verwerkte vleisprodukte (wors, koue vleis, spek, ens) 'n baie hoë sout- of natriumchloried-inhoud het. Ek sal voorstel dat jy oorslaan na die DASH-dieet wat in die VSA deur voedingskundiges ontwerp is om persone met hoë bloeddruk te help. Aangesien dit ook 'n lae-vet-dieet is, sal dit ook tot gewigsverlies lei. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy, en doen 'n soektog met "DASH Diet" om te lees oor hierdie dieet.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement