advertisement
Question
Posted by: Lienkie | 2008/08/14

Atkins dieë et

Liewe Dokter

Ek wil graag 15kg verloor en het al baie gehoor van die Atkins dieë et. Is dit ' n gesonde manier om gewig te verloor? En waar kan ek aansluit of meer uitvind daarvan?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lienkie
Die 'Atkins dieet', is 'n hoë-proteïen en hoë-vet-dieet met geen koolhidrate nie. Mense verloor wel baie gewig daarmee, maar sodra hulle weer begin 'normaal' eet (want geen mens kan vir altyd so voortgaan nie), dan tel hulle weer die gewig net so vinnig op. Ek is persoonlik gekant teen hierdie soort ongebalanseerde diëte. Vir jou eie gesondheid, sal ek aanraai dat jy liewer 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet gebruik (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') wat gepubliseer is op hierdie Webwerf wat gewigsverlies bevorder. Dit is ook uiters belangrik om elke dag vir 30 of meer minute aërobiese oefening te doen ( flink stap, fietsry, swem, touspring of by 'n gimnasium of Walk for Life aansluit). Andersins moet jy 'n dieetkundige spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou 'n individuele dieetvoorskrif moet uitwerk wat die oorgewig aanspreek.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement