advertisement
Question
Posted by: Brakanjan | 2002-03-14

Q.

aterinateuse verkalking en degeneeratiewe diskusletsels

Ek het x-strale laat neem van my laerrug en die radioloog het die volgende kommentaar:
Daar is 'n lumbale skoliose met die boog na regs.
Aantekening word gemaak van ateromateuse verkalking van die aorta iliakvate.
OPINIE:
Degeneratiewe diskusletsels:L1/2 en L44/5 met fasetgewrigartrose op die L4/5 en L5S1 vlakke.
Wat beteken dit alles en hoe kan ek dit verbeter en die pyn verminder
Dankie

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Brakanjan, "Daar is 'n lumbale skoliose met die boog na regs." beteken dat jou rug 'n kurwe na regs het. Dit sê nie hoe erg of waar nie en ek kan dus nie veel daaroor sê nie.
"Aantekening word gemaak van ateromateuse verkalking van die aorta iliakvate." beteken dat daar verkalking is in die hoof arteries wat van die aorta na die bene toe loop. Afhangende van hoe erg dit is en hoe oud jy is, mag dit ernstig of 'n "normale" ouderdoms verskynsel wees.
"Degeneratiewe diskusletsels:L1/2 en L44/5 met fasetgewrigartrose op die L4/5 en L5S1 vlakke." beteken dat daar vernouing is van die spasies tussen die eerste en tweede, vierde en vyfde, vyfde lumbale werwels ens eerste sakrale werwel is. Die mag ly tot pyn in verskillende dele van die bene en voete.
Dis vir my moelik om spesifieke advies te gee om dat ek jou nie kan ondersoek nie, maar daar is algemene maatreels wat jy kan volg as dit van toepassing is op jou. Dit sluit maagoefeninge, gewigsverlies, matige aerobiese oefeninge en fisioterapie in.
Die beste sal wees om die dokter wat die x-strale aangevra het te vra wat spesifiek vir jou die beste sal wees. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: CyberDoc | 2002-03-19

Brakanjan, "Daar is 'n lumbale skoliose met die boog na regs." beteken dat jou rug 'n kurwe na regs het. Dit sê nie hoe erg of waar nie en ek kan dus nie veel daaroor sê nie.
"Aantekening word gemaak van ateromateuse verkalking van die aorta iliakvate." beteken dat daar verkalking is in die hoof arteries wat van die aorta na die bene toe loop. Afhangende van hoe erg dit is en hoe oud jy is, mag dit ernstig of 'n "normale" ouderdoms verskynsel wees.
"Degeneratiewe diskusletsels:L1/2 en L44/5 met fasetgewrigartrose op die L4/5 en L5S1 vlakke." beteken dat daar vernouing is van die spasies tussen die eerste en tweede, vierde en vyfde, vyfde lumbale werwels ens eerste sakrale werwel is. Die mag ly tot pyn in verskillende dele van die bene en voete.
Dis vir my moelik om spesifieke advies te gee om dat ek jou nie kan ondersoek nie, maar daar is algemene maatreels wat jy kan volg as dit van toepassing is op jou. Dit sluit maagoefeninge, gewigsverlies, matige aerobiese oefeninge en fisioterapie in.
Die beste sal wees om die dokter wat die x-strale aangevra het te vra wat spesifiek vir jou die beste sal wees. Sterkte.

Reply to CyberDoc

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.