advertisement
Question
Posted by: wili | 2009/11/08

Asma ??

Kan asma getrigger word deur skok en stress. Ek werk heeldag in ' n kantoor wat die lugversorging baie koud is. Die afgelope 4 weke het ek ' n kroniese hoes en my bors trek toe. Ek gebruik ventolin wat die simptome bietjie verlig.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Asma kan definitief deur skok en stres aangewakker word, asook oefening en koue lug. Irritante, soos chemiese stowwe of reuke in die lug, kan dit ook aanbring.

Ek stel voor dat jy 'n lang werkende middel, soos Budaflam, Serevent, Combivent ens., gebruik. Hierdie middels gee langtermyn verligting van asma simptome. Dit is belangrik dat jy jou dokter konsulteer om gereelde longfunksie toetse te doen om vas te stel hoe goed jou asma beheer word.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement