advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2012/10/25

Asb raad vir baie erge Hooikoors

Hallo Dok

My man kry verskriklike erge hooikoors en weet nie wat om vir hom te gee daarvoor nie. Ek het hooikoors pilletjies (10) by die apteek gekry en daarna Pegasus pilletjies (natuurlike produk) maar niks het gehelp nie.
Hy is toe maar na ons huisdokter toe want hy het begin longontsteking ook kry. Sy het hom daarvoor behandel en toe ook ''n inspuiting gegee vir die hooikoors. Hy is ''n week later terug vir ''n opvolg inspuiting. Dit is so 2 weke terug en hy lyk en voel aaklig. Sy oe jeuk dat hy dit uit sy kop wil krap en sy kop is dik en hy is dronk en duislig.
Is daar iets wat dok kan voorstel want ek wil nie net weer iets by die apteek gaan kry nie. Dit kos ons later ''n fortuin en dit werk nie. Ek is nie seker watse inspuiting hy gekry het nie.

Hy gebruik ook epinutens vir epilepsie so hy moet iets daarmeesaam kan neem.

Hoop dok het raad. Ons bly ongelukkig in ''n area met baie wingerde en vrugtebome so hy kry dit erg tot diep in die somer in.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jenn

Die enigste manier om ontslae te raak van sy allergie is om 'n allergie spesialis te konsulteer en presiese allergene vas te stel. Indien sy allergie te wyte is aan vrugte bloeisels en die spuitstof wat gebruik word in wingerdboerdery, sal hy ongelukkig moet trek. Ek stel ook voor dat hy 'n oor-, neus- en keelspesialis konsulteer. Miskien het hy 'n sinus operasie nodig wat vir hom groot verligting kan bring.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Hazel | 2015/10/13

Hooikoors vraag. My seun kry hooikoors, maar nie die oe juk en traan storie nie, meer neusloop en dan skielik trek sy neus heeltemal toe, hy se die are in sy neus swel op en dan sukkel hy om asem te kry sodat hy dan desperaat als probeer wat hy in die hande kry. Illiaden help maar hy wil dit net in nood amper gebruik. Wat is dit, hoekom gebeur dit en wat kan hy daaraan doen. Hy is 'n student en raak soos dit vir my voorkom effe benoud later. Groete

Reply to Hazel
Posted by: katy | 2014/11/07

ek het nie n komment nie maar n vraag ek het erge hooi koors maar x bang om enigiets te neem en ek het asma ook maar ek het n 2 maande oud baba kan dokter my help mer raad asb

Reply to katy
Posted by: ICE | 2012/10/25

Indien julle dit nog nie probeer het nie, vervang koeimelk met bokmelk (dit proe dieselfde). Dis dalk nie sy hoofprobleem nie, maar behoort die simptomes te help ligter maak, sodat die medisyne ''n beter kans het om te werk.

Reply to ICE

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement