advertisement
Question
Posted by: SP | 2011/07/13

Artritis

Ek is ''n 31 jarige vrou en het artritis in my linkerduim. Hy groei letterlik weg van my hand af en lyk glad nie meer soos wat hy het nie. Ek ondervind ook probleme met my linkerhand wat betref om te tik, ''n ketel op te tel ens. My dr het gesê  ek moet Osteoeze begin gebruik, maar ek sien daar is verskillende soorte van dit op die mark. Watter een sal die beste wees vir my om te gebruik en wat sal dit help? Is daar oefeninge wat ek dalk kan doen wat sal help? Hoe is dit moontlik dat iemand wat maar 31 jaar oud is so iets kan hê ? Sal kortisoon inspuitings dalk help vir die pyn, want dit is nogal erg in die winter? Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

SP

Ek stel voor dat jy 'n internis vir 'n tweede opinie konsulteer. Daar is ten minste 'n 100 verskillende oorsake vir 'n artritis en dit is baie belangrik om die regte diagnose met behulp van x-strale en bloedtoetse te maak, voordat behandeling begin word.

Intussen kan jy 'n fisioterapeut vir oefening en behandeling vir die pynlike gewrigte en duim. Ek bevestig weereens dat die korrekte diagnose gemaak moet word voor effektiewe behandeling kan begin.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement