advertisement
Question
Posted by: andre | 2011/08/04

artherosclerose

Dr, In ''n onlangse abdominale ultrasonar word artherosclerose
opgemerk in die aorta. Cholestrol telling HDL 1.5 LDL 4.3. trich- Llaag Wat is normaal vir " plaak"  in aorta?? 69 jaar oud-hipertensie baie jare maar binne beheer.
Algemene gesondheid goed- begin sukkel met hart arithme maar
volgens kardioloog ondersoek moet ek dit ignoreer. Dink u
cholestrol medikasie is nodig? Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Dag se Andre.

Atherosclerose is iets wat baie dikwels voorkom, maar nie "normaal" of wenslik is nie. En as dit die aorta geaffekteer het, is die kanse hoog dit het ander bloedvate ook geaffekteer - bv die koronere vate.

En hoe meer atherosclerose, hoe groter is die kanse van vasculere probleme in die toekoms bv hartaanval, ens.

Dit word dan belangrik dat 'n man van jou ouderdom, met 'n agtergrond van hipertensie, alles in sy vermoee doen om sy risiko van probleme te verminder. Die een ding wat jou risiko behoort te verlaag is pille vir jou cholesterol. ("statins'). Myns insiens is 'n LDL van 4.3 beslis te hoog onder jou omstandighede.

Die hartkloppens is nie noodwendig van toepassing nie en dit lyk vir my jou kardioloog is reg, hulle kan geignoreer word.

Sien asb jou dokter en stel voor - 'n statin en aspirin is die moeite werd.

Sterkte

JT


The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement