advertisement
Question
Posted by: lucky luke | 2013/01/26

Arm pyn

Ek was gister dokter toe.My arm pyn vir die afgelope 2 weke. Ek wat n man is dink natuurlik dit sal beter raak met tyd. Maar nee. Ek het net deepheat opgesit vir so n week. Dis so om en by my elenboog.Reg in die rondte Ek kan orals druk en vat en beweeg maar ek kan nie regtig vir jou se waar die probleem is nie. Hy bly net pyn. Die dokter kon my nie help nie. Ja ek betaal R300 vir n konsulasie en toe gee hy my een pil van R90. N inflamatoriese pil. Hyt gese ek kan hom nie regtig se waar die seer is nie so dit mag miskien werk.Maar na 2 weke steeds seer. Dit begin nou erg pla want as ek werk, tv kyk of whatever is ek bewus van dit.Mens konsentreer nie ten volle op met wat jy besig is nie. ENige ideas sal waardeer word.Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Lucky Luke

Ek stel voor dat jy 'n ortopeet konsulteer. Die pyn kan as gevolg van senuwee irritasie in jou nek wees of weens drukking op die senuwee wat die arm van sensasie voorsien. Daar is 'n wye loop van senuwees en die dokter sal spesifiek na moontlikhede kyk. Die dokter sal ook bloedtoetse moet doen om ander toestande uit te skakel, soos byvoorbeeld gout. Plate en 'n moontlike MRI skandering kan oook gedoen word om verdere ondersoek in te stel. Moenie jou simptome ignoreer nie en konsulteer 'n ortopeet so gou as moontlik.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement