advertisement
Question
Posted by: Elize | 2010/08/17

Are in my kop

Wanneer ek vir ''n tydjie onderste bo met my kop gewerk het, swel die are aan die linker kant van my kop. Dit pop uit en dan begin ek ongelooflik sleg te voel. Geen hoofpyn nie, maar dit voel of my ore wil pop of daar ''n verskriklike drukking in my kop is. Ek voel ongelooflik moeg my oe hang en ek lyk vreeslik is en voel siek.Sodra die are weg is verdwyn die slegvoel gevoel heeltemal.
Dit voel of iemand ''n rekkie om my nek vasgemaak het en al die bloed sit in my kop vas, maar geen hoofpyn net die ongelooflike drukking dat dit voel of my oe en ore gaan uitpop.

Ek drink drisprins maar niks gehelp net, ek is noodgedwonge verplig om te le want ek kan nie funksioneer nie ek voel net te sleg. Dit voel of ek ''n virus het of alles in my lyf pyn.

Ek het 12 jaar terug ''n coxakie virus gehad en net daarna gehoor dat ek op 38 erge gloukoom het, want my regter oog is al 3/4 blind. Die are het altyd aan die regterkant van my kop uitgekom toe het ''n chirurg dit uitgehaal. Nou pop dit aan die linkerkant uit. Slegs wanneer ek onderstebo gewerk het.

Kan iemand my help met raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Elize
Jy mag dalk 'n aangebore vernouing van die are aan die kant van jou kop hê en ek stel voor dat jy 'n spesialis sien om vas te stel of daar 'n probleem is. Hulle mag dalk 'n kleurstof in jou are wil inspuit om te kyk hoe die vloei is. Dit kan dalk ook 'n tipe migraine wees wat jy kry wat spasma van die aar veroorsaak. Miskien moet jou GP jou na 'n neuroloog verwys vir ondersoeke
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Rensche Olivier | 2010/12/13

Ek het ''n drukking in my kop (nie hoofpyn) wat vererger in die middag en aand. Wanneer ek le vererger dit. Bloeddruk lyk normaal.

Reply to Rensche Olivier
Posted by: Cyberdoc | 2010/08/17

Hallo Elize
Jy mag dalk 'n aangebore vernouing van die are aan die kant van jou kop hê en ek stel voor dat jy 'n spesialis sien om vas te stel of daar 'n probleem is. Hulle mag dalk 'n kleurstof in jou are wil inspuit om te kyk hoe die vloei is. Dit kan dalk ook 'n tipe migraine wees wat jy kry wat spasma van die aar veroorsaak. Miskien moet jou GP jou na 'n neuroloog verwys vir ondersoeke
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement