advertisement
Question
Posted by: BeeBee | 2011/02/16

Appel figuur

Hallo daar DietDoc,

Ek is 33jr oud, 1.7m en weeg 60kg.

My onderlyf is redelik okay, maar ek het `n magie waarvan ek ontslae wil raak. Ek doen maagoefeninge (dit is so `n wiel''etjie met handvatsels - jy staan op jou knieë ) en spring op die mini trampoline elke oggend, maar ek kan net nie gewig verloor nie.

Ek trou in 2 maande se tyd en ek moet so +/- 3kg verloor om in my trourok te pas, anders gaan die nate dalk bars.

Wat kan ek doen, asb? Ek is desperaat!!

Baie dankie,
Bee-Bee

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste BeeBee
Veels geluk met die opkomende troue. Jou huidige BMI = 20.8 wat alreeds onder die ideaal van 22 is. Ek sal jou dus nie aanraai om nog gewig te verloor nie, want dan gaan jy uitgemergel lyk op jou troudag. Die beste oefening vir jou maag bly 'sit-ups'. Lê plat op die naat van jou rug met jou knieë gebuig en jou hande agter jou kop. Lig dan jou bolyf in die rigting van jou knieë, maar hou jou voete op die grond. Asem uit soos jy opkom. Beweeg dan stadig terug na jou posisie op die vloer terwyl jy diep inasem. Begin met 5 'sit-ups' per dag en doen elke dag meer totdat jy ten minste 30 in die oggend en 30 in die aand doen. Dit behoort jou magie so plat soos 'n plank te maak.
Geniet die troue
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/02/16

Beste BeeBee
Veels geluk met die opkomende troue. Jou huidige BMI = 20.8 wat alreeds onder die ideaal van 22 is. Ek sal jou dus nie aanraai om nog gewig te verloor nie, want dan gaan jy uitgemergel lyk op jou troudag. Die beste oefening vir jou maag bly 'sit-ups'. Lê plat op die naat van jou rug met jou knieë gebuig en jou hande agter jou kop. Lig dan jou bolyf in die rigting van jou knieë, maar hou jou voete op die grond. Asem uit soos jy opkom. Beweeg dan stadig terug na jou posisie op die vloer terwyl jy diep inasem. Begin met 5 'sit-ups' per dag en doen elke dag meer totdat jy ten minste 30 in die oggend en 30 in die aand doen. Dit behoort jou magie so plat soos 'n plank te maak.
Geniet die troue
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement