advertisement
Question
Posted by: Nelius | 2011/11/30

Anxiaty/liver???

Hey doc, is 37 jaar oud, gemiddelde gebou en gemiddelde aktiewe lewe. Ses jaar gelede het ek een nag wakker geword van pyn aan die linker kant van my bors, na vele dokters ondersoek, ekgs, mibi ekg''s en ''n angio gram was my hart uitgeskakel. Niemand kon egter se wat ek makeer en simptome het gebly tot ek paar maande later vir stress behandel was.Ek het myself die begin van die jaar van die aropax afgevat aangesien ek redelik goed gevoel het, Tydens roetiene ondersoek so 4 y\jaar terug is hart sonar gedoen wat ook alles normaal gewys het. Ongeveer drei jaar terug is ek begin behandel vir bloed druk Zeotomax 10 mg, Alles het goed gegaan tot so drie maande terug waar my bloed druk hoogte ingeskiet het darem nie uitermatig nie 170/105. My HB pille is na 20 mg opgeskuif. Ek het ongeveer 4 maande terug opgehou rook en al my simptome het weer begin, druk op bors, steek pyne in linker bors, linker en regter nek en onder ken, dowwe ore, duiseligheid, ek raak oo baie duiselig tydens oefen sessies, suiekr vlakke wissel van 3.5 voor ontbyt na verskillende vlakke, vandag voor middag ete 5.4 en na pasta ,middag ete 7.4 ens, ek was intussen weer vir drie ekgs, al drie normaal getoon, was al by GP vir moontlike nek beseering, GP my op Valdoxane gesit maand terug simptome egter nog steeds daar, het toe maar Homeopath besoek hy bevind dmv sy spraak masjien en masjien wat elektrodes deur jou stuur stress vlakke baie hoog, se ook daar is suurstof te kort na brein asook probleem met respatoriese stelsel, hy wil my behandel vir sinus, arthirithus en stress asook swak lewer funksie, nou my vraag aan u is kan my simptome gepaardgaan met lewer funkise en indien wel watter toetse kan ek my GP vra om te doen

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nelius

Dit is onwaarskynlik dat jou lewer die oorsaak van jou simptome is. Jy kan wel jou dokter vir 'n lewerfunksie toets vra. Dit is 'n bloedtoets en toon volledige uitslae van die lewer se funksies.

Ek stel voor dat jy 'n psigiater konsulteer vir stres terapie en moontlike medikasie om jou spanning te verlig.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement