advertisement
Question
Posted by: Antwoord nodig | 2011/07/25

Antwoord nodig

Ek hoop ek kan maar in Afrikaans tik, ek wil net doodseker maak dat ek wel my antwoord ook in Afrikaans kan verwag! sodat ek 100% verstaan wat die situasie is!

My storie is as volg: ek weet nie of ek dalk swanger is nie en ek moet uitvind! My siklus is ek dink op ''n 27 dag skedule as ek dit so kan noem... en ek weet nie wanneer ek ovileer nie... ek is maar dom met hierdie dinge! wel ek het die 17 Mei 2011 begin met menstruasie ek menstrueer gewoonlik nie langer as drie dae nie... en het weer op 13 Junie 2011 weer begin menstrueer wat normaal is 27/28 dae uitmekaar.

Die ding is ek en my kerel het die 2 Julie 2011 saam geslaap... as ek dit in mooi terme kan plaas! ek is nie op die pil nie, en het nie enige voorbehoed middels gebruik nie... volgens my somme moes ek die 10de Julie begin menstrueer het... dit is nou al die 12de en ek is nie gewoonlik laat nie.

Ek het gister op 11 Julie 2011 2 x huis swangerskap toetse gedoen en alby is negatief! asook ''n ovilasie toets wat ook negatief uitgekom het... kan dit wees dat ek dalk swanger is! en indien wel?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dit is vandag die 25ste Julie 2011 en indien jy nog steeds nie menstrueer het nie, moet jy jou dokter vir 'n bloedtoets konsulteer, wat baie meer akkuraat is as tuis swangerskap toetse.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: anon | 2011/07/25

Sjoe, hoop jy het reg gekom, dit is vandag al die 25e Julie, dus twee weke later, jy behoort nou ''n akurate lesing op ''n huis swangerskap toets te kry.
Sterkte!

Reply to anon
Posted by: Margie | 2011/07/25

Hello,

Ek stel voor dat jy vir bloed toetse gaan. Jy kan na enige patoloog toe gaan en vir die toets vra.
Soms is die huis swangerskaps toetse nie te akkuraat nie. Wel vir my was dit nie. Ek het ook twee by die huis gedoen wat albei negatief was totdat ek vir die bloedtoets gegaan het. Baie meer akkuraat.

Sterkte
Margie

Reply to Margie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement