advertisement
Question
Posted by: Sunshine | 2010/05/28

Antwoord en repliek op " posting 1701" : Geswelde limfkliere en...

Hallo Dr Bets

Ek glo dat hierdie die laaste mail sal wees totdat ek die chirurgie gehad het om die knoppe te toets. Ek het ''''n afspraak gemaak en is geskeduleer om dit die 10de Junie in Unitas te laat doen.

Ek wil vir jou oneindig baie dankie se vir AL jou hulp en bystand. Jy het WERKLIK ''''n verskil gemaak.

Net ''''n paar gedagtes:

1. Chrons disease: Ek is al hiervoor getoets en dit was negatief gewees. Dieselfde met vir die Divertikulitis - ook negatief. My gastroeneroloog en lewerdokter is Dr Schalk van der Merwe (voorheen van Unitas - nou by Pta Oos). Ek sien hom al 5 jaar lank.

2. Het ek ooit ''''n bloedoortapping gehad of ''''n HIV "  screening"  . Ja ek het ''''n bloedoortapping gehad in 1998 tydens my rugfusie operasie. Ek het in 2009 ook ''''n HIV "  screening"  gehad voor my troue (ons het saam besluit om dit te doen). Die toets was negatief.

Baie dankie vir die "  heads up"  oor die wit stoelgang.

So - "  here I go"  - ek gaan AL die bloedtoetse aanvra soos jy voorgestel het, die biopsie laat doen en dan het ek hopelik vir jou GOEIE nuus as ons weer kommunikeer.

Weereens, baie dankie - ek bedoel dit opreg.

Groete
Sunshine.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Sunshine

Baie dankie vir jou terugvoering en sterkte met die operasie. Ons hoor graag weer van jou.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement